Die foto hierbo is van Peanut my hond, my vriend. Dis ‘n paar jaar terug geneem toe hy nog ‘n klein hondjie was. Peanut was my maatjie, my draf maatjie, sommer net my maatjie met die hart van ‘n Leeu. Hy het saam met my op Kerk kampe gegaan. Elke dag by my kom sit in my studeerkamer. Maar Peanut het issues gehad. Hy was te kwaai. Hy het twee katte doodgebyt. Iemand anders se hond. Mense se kinders wat by ons kom kuier het. Ek het alles probeer. Maar, verlede Woensdag aand twaalfuur in die nag val hy ons kat aan. My seun en vroutjie probeer hulle uitmekaar kry en daar byt hy weer my vrou en my seun en die kat maak dit alweer amper nie.
En toe… Toe moes ek my maatjie, my Peanut laat uitsit. Dit was verskriklik swaar. Ek en Carla my dogter het so gesit en huil in die veearts se wagkamer, dat almal later saam gehuil het. En toe ek terug ry huistoe; wonder ek? Wat gaan nog hierdie jaar gebeur!!! Regtig!!! Sien ek kans vir ‘n nuwe jaar. Die lewe is te rof. Kom net terug Jesus asseblief en gou ook…
Dis toe ek op reis gaan. Ek dink die Heilige Gees het my op hierdie reis geneem. Hy gee vir my om. Hy is lief vir my.
Jy sien ek het op hierdie reis geleer. Daar is ‘n baie groot verskil tussen Hoop en Optimisme. Optimisme sê: “Ag moenie worry nie, dit sal beter gaan volgende jaar.” of “Ag toemaar wat, jy sal weer ‘n hondjie kry.” Maar dis dom. Want daar is geen guarantees nie. Hoe weet ek dit?
Jesus is nie in die optimisme game nie. Hy het nooit gesê; ag toemaar dit sal beter gaan nie. Om die waarheid te sê Hy het die teenoorgestelde gesê. Hy het gesê dit gaan slegter gaan. Daar gaan oorloë wees. Aardbewings. Antichriste. Jesus voorspel dat daar ‘n geweldige verdrukking gaan kom.
Jesus is in Hoop. Hy sê selfs al gaan jy deur die dal van doodskaduwee, hoef jy nie bang te wees nie. Jy is veilig in my hande. Hy sê; alles wat die moeite werd is in hierdie lewe kom deur swaarkry na ons toe. Jesus is die man van smarte. Hy sê die wêreld is ‘n taai plek. Ons gaan dit moeilik hier hê. Maar Hy is met ons.
Lees bietjie hierdie gedig:
HOPE, a poem by Henri Nouwen
__________
Hope means to keep living
amid desperation,
and to keep humming in darkness.
Hoping is knowing that there is love,
it is trust in tomorrow
it is falling asleep
and waking again
when the sun rises.
In the midst of a gale at sea,
it is to discover land.
In the eye of another
it is to see that he understands you.
As long as there is still hope
there will also be prayer.
And God will be holding you
in His hands.
Ja, net oor Jesus se storie op snesie dun papier gedruk is, beteken dit nie dat die wêreld sagter sal wees nie. Ek deel jou versugting. Mooi gedig, salwend. Groetnis en jammer oor Peanut.
LikeLike
Dis ‘n verskriklike moeilike ding om te moet doen, innige meegevoel. Dankie vir die pragtige gedig.
LikeLike