Kersfees 2019 – God is met ons…

Môre is dit Kersfees.  Dit is so ‘n special tyd van die jaar.  Hierdie Kerstyd het God met my gepraat oor een van sy baie name.  Immanuel – God met ons.

Een van die groot misteries van God is dat Hy by ons wil wees.  Hy wil ‘n verhouding met ons hê.  Maar Hy smag ook daarna dat ons ‘n verhouding met Hom moet hê.  Om dit reg te kry stel Hy Homself geweldig bloot.

God kom aarde toe in die vorm van ‘n baba.  ‘n Baba, wat vir alles; van mense, van ander afhanklik is.  ‘n Baba is afhanklik van ander vir sy beskerming, sy voeding, sy liefde, vertroosting en soveel meer.  God kom so na ons toe, om deur mense versorg te word.  Is daar betekenis in dit?

Ek wonder tog of dit nie iets sê van God se smagting om deur ons liefgehê te word nie.  Hy word Immanuel genoem.  God met ons.  Hy is met ons en ons is met Hom.  Ons is agfhanklik van Hom, maar Hy maak homself in die vorm van ‘n baba afhanklik van ons.  Dis nie net God met ons nie, dis ook ons met God.

Dis amazing, dit verdryf alle vrees uit my hart uit.  Hoe kan ek vir iets bang wees?  Geen dood, of lewe, of dinge in die toekoms, of iets vandag, of enigiets in hierdie skepping kan ons skei van God se liefde nie sê Romeine 8.

God is met ons, in ons vreugdes,soos by die bruilof in Kana.  Hy is met ons in ons teleurstellings, sy beste vriende het Hom in die steek gelaat.  Hy is met ons in ons trane, Hy huil oor sy vriend Lasarus.  Hy is met ons as ons saam met ons vriende en familie kuier, Hy het dan die Nagmaal ingestel.

God is in alles en alles is in God.  Hy is Immanuel, God met ons…

Onthou om te subscribe tot hierdie blog…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Kersfees 2019 – God is met ons…”

  1. Wow Henry!
    Ek het nog nóóit só daarna gekyk dat Hy as ‘n bába in afhanklikheid na ons toe gekom het nie! Amazing!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: