Het jy al ooit gevoel of jou geloof maar dun en kwesbaar is. Mens voel so sleg daaroor. Wel dit het met Johannes die Doper ook gebeur. Die een van wie Jesus gesê het, dat onder die mense,. is daar nie iemand groter as hy nie. Johannes wat Jesus al herken het, toe hy nog in sy moeder se baarmoeder was. Johannes die een wat na Jesus gewys het en gesê het: “daar is die Lam van God…” Johannes wat vir Jesus gedoop het.
En nou sit Johannes in die tronk en hy worry. Is dit nou regtig Jesus? Wat gaan van my word. O jinne sê nou net my hele lewe, my hele roeping was ‘n leun. Daar is ‘n twyfel duiwel in sy binnekant. Ek ken daai duiwel. Hy is ‘n taai ene.
Toe stuur Johannes sy volgelinge na Jesus toe om vir Jesus te vra. “Is U die een? of moet ons iemand anders verwag.” En wat antwoord Jesus? So tipies van Jesus, hy gee nie ‘n direkte antwoord nie. Hoekom sê Jesus nie net wie Hy is nie. Hoekom maak Hy dit nie net maklik vir Johannes nie. Jesus kon mos maklik sê: “Ja, dit is ek!” Maar Jesus doen dit nie.
Hoekom nie?
Ek dink Jesus wil hê Johannes en sy volgelinge moet so bietjie dink oor hulle lewe en oor hulle roeping. Jesus antwoord hulle uit Jesaja 35: “Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig. 23En gelukkig is die man wat nie aan My begin twyfel nie.”(Lk 7:22–23. Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)
Die punt hier is, Jesus sê vir hulle, hulle moet luister na die Woord se beloftes. Hulle moet fokus op God se Koninkryk. Dan sal hulle nie meer blind, lam, doof, geestelik dood of geestelik arm wees nie. Dan sal hulle nie meer twyfel nie.
Wat leer ek hieruit? Twyfel wil mens soms wegdryf van God en mense af. In Johannes se geval het dit hom nà mense en nà Jesus toe gedryf. Jesus gee hom geloof uit die woord uit.
So as dit bietjie swaar gaan met jou. As ek in die tronk sit. As ek wonder. As my geloof dun begin word. Mag dit my na mense dryf. Om my twyfel met ander te deel sal die twyfel duiwel uit my lewe dryf. Mag dit my na Jesus toe dryf. Om my antwoorde by God te soek sal die twyfel duiwel ‘n bloedneus gee. Mag dit my na God se woord toe vat. God se beloftes sal daai twyfel duiwel morsdood maak.
Onthou om te subscribe tot die blog
SJOE! Jou diens Kersdag was awsome. My kind sê “wanneer laas was julle in die kerk waar die ds jou nie skel nie? Hierdie ds praat net mooi met ons” Mag God jou aanhou gebruik.
LikeLike
Baie dankie Mari
LikeLike
Ek dink wat Jesus hier doen is om vir Johannes die Doper te vertel van die wonderwerke, wat op die aanwesigheid van Lewe dui. Johannes die Doper het genoeg geloof om dit te verstaan.
Dit is hoe ons die Here moet dien. Daar moet wonderwerke volg. En ek dink mens mis baie maal die wonderwerke, want mens soek iets spectacular, maar is dit nie ‘n wonderwerk om vir iemand se saligheid te bid en dan red God daardie een se siel nie?
Die meeste kerke is maar net ‘n organisasie wat sy eie tradisies vier, en uitbou in plaas van God se Woord en daarom is daar geen teken van Lewe nie en laat dit mense in God twyfel, terwyl hulle werklik vir God aan die mislukkings van die vervalste namaaksel oordeel.
LikeLike