Vrou met ‘n groot skaamte…

In Markus 5 lees ek die verhaal van die vrou met bloedvloeiing.  Dit moes rof vir haar gewees het.  12 Jaar lank!  In daai tyd was jy onrein as dit daardie tyd van die maand was.  Sy was die heeltyd daar.  Sy het alles probeer.  Dokters, medisyne, enige ding, niks wou werk nie.

En toe…  Toe hoor sy Jesus kom daar verby.  Sy wou Hom aanraak.  Maar, sien, sy mag nie.  Sy is onrein, as sy aan Hom vat, gaan Hy ook onrein wees.  Hy is ‘n Rabbi, dit is ernstig.  Maar sy besluit sy gaan skelm aan hom raak.  Net aan die soom van sy klere; sê sy vir haarself.  Hy sal nie eers weet nie, het sy tien teen een geredeneer.

Hy het!  Hy het geweet.  Hy was besig met ‘n belangrike man se erge probleme.  Jaïrus se dogtertjie was baie ernstig siek.  Haar lewe was in gevaar.  Maar, Jesus stop.  “Wie het aan my geraak?” vra Hy…  Want daar het krag van Hom uitgegaan.  Wat?!  Sê die dissipels.  Jesus wat is dit nou met jou.  Hier is so baie mense wat teen U druk en aan U raak.  Hoe kan U dit vra?

Goeie vraag wat hulle vra.  Dink jy nie ook so nie.  Hoekom, hoekom was haar aanraking anders?  Sy wou ‘n konneksie maak…

Ek dink ek weet hoe voel sy.  Wel ‘n bietjie.  Ek het ook al so gevoel.  Nie goed genoeg nie. Nie waardig nie.  Hoekom sal Jesus Hom nou aan my steur.  Sal God my issues ooit hoor.  Ek meen daar is sekerlik tog belangriker dinge.  Mense met terminale siektes en boere met droogte en hier, hier wil ek met God praat oor my krediet kaart.

Maar sien.  Dis die ding.  As jy ‘n konneksie wil maak, dan gaan staan God stil, en Hy erken dit.  Hy herken jou.  Hy luister.  Hy help.

Maar die teendeel is ook waar.  Jesus wil ‘n konneksie met ons maak.  Hy klop aan die deur van ons hart.  Hy is lief vir my.  Vir jou.  Hy hou van my.  Van jou.  Hy wil stilstaan.  Hy wil luister.  Hy wil help.  Genees.

In sy woord staan daar:  20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.  ( Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Re 3:20). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Vrou met ‘n groot skaamte…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: