Oh my word! Die eerste Sondag sonder om kerk toe te gaan. Dit is weird, ingrypend, stressvol. Hierdie virus ding gooi ons lewe heel om en deurmekaar.
Ek het twee dinge gelees in die afgelope tyd wat my geweldig geïnspireer het. Die een ding was ‘n storie en die ander was ‘n gebed van Martin Luther. Kom ek begin by die storie…
Die storie lui so: Koning Salomo het ‘n raadgewer gehad wat bietjie vol van homself was. Koning Salomo wou hom nederigheid leer. Die koning stuur toe sy raadgewer om ‘n ring te gaan soek. Hierdie ring moet ‘n hartseer persoon gelukkig laat voel en ‘n gelukkige persoon laat dink oor sy geluk.
Die raadgewer kon toe nie met ‘n goeie antwoord terugkeer nie. Toe gaan koning Salomo self na ‘n juwelier en laat ‘n ring maak met die volgende woorde op “Ook dit gaan verby.” (This too shall pass)
My geliefde suster wat nou by haar huis by ons Vader is het my ook hierdie ding eendag vertel; toe dit regtig emosioneel sleg gegaan het met my. Boetie jy moet net onthou, alles in hierdie lewe gaan verby. Dis hoe God ons en die aarde gemaak het. ‘n Mens kan pyn nooit weer herroep nie. Ons is ontwerp om oor dit te kom. Anders sou mammas nooit ‘n tweede baba kry nie.
Die tweede iets wat my in hierdie tyd geweldig geruk het was die gebed van Martin Luther tydens die swart dood in die 1300’s. ‘n Geskatte 50 miljoen mense het gesterf nadat 12 skepe in Sisilië aan die kus van die swart see by die hawedorp Messina aan wal gegaan het.
Hier is die gebed: “I shall ask God mercifully to protect us. Then I shall fumigate, help purify the air, administer medicine and take it. I shall avoid places and persons where my presence is not needed in order not to become contaminated and thus perhance inflict and pollute others and so cause their death as a result of my negligence. If God should wish to take me, he will surely find me and I have done what he has expected of me and so I am not responsible for either my own death or the death of others. If my neighbour needs me however, I shall not avoid place or person but will go freely as stated above. See, this is such a God-fearing faith because it is neither brash nor foolhardy and does not tempt God.”