Die laaste dag van vryheid…

Dis net na 6 op die laaste dag van vryheid.  Van more af is ons in lockdown.  Oh My Word!  Nie in my wildste drome nie.  Fact is voorwaar stranger as fiction.

Dit reën sag buite.  Toe ek ‘n kind was het ‘n liedjie oor die radio gespeel.  Die woorde: “Hoor hoe sag val die reën, in die boomryke lanings…”  Nog altyd as dit reën, dan voel God vir my ekstra naby.  Reën is ‘n simbool vir my van God se versorging.  Kyk na die lelies van die veld…. het Jesus gesê.

En hier sit ek, en God praat met my.  In my hart hoor ek sy stem:  “My geliefde seun.  Ek is vir jou lief.  Ek is lief vir hierdie wêreld.  Ek het my lewe kom gee vir hierdie wêreld.  Moenie vrees nie, moenie bekommer nie.  Nie oor geld nie.  Nie oor siekte nie.  Ek is in beheer.  Jy weet nie mooi hoe nie.  Maar jy hoef nie te weet nie.  Ek jou Vader is in beheer en ek sal vir jou sorg…”

En nog ‘n ding.  Moenie die dinge van hierdie wêreld vrees nie.  Jesus se woorde in Matteus 10:28   “28Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.”
Daar is net een wat ons moet vrees en dit is God alleen.  Hy verdien die respek.  Hy is in beheer.

En nou my gebed:  “Dankie my Vader, dat ek niks en niemand anders hoef te vrees as U alleen nie.  U verdien al die respek en die eer.  U Vader is in beheer.  U sal sorg.  Selfs al weet ek nie waar gaan ons geld en kos en rekeninge se betalings en al die goed wat my so geweldig bekommer vandaan kom nie.
Jesus U het vir my kom sê ek moet na die lelies, en die gras, en die mossies gaan kyk.  Jesus U het gesê dat ons baie meer werd is as hulle.  Jesus ek wil u woorde glo.  Ek wil daarvolgens leef.  Help my Jesus.
Heilige Gees wat in my woon.  U is altyd so naby.  Nou is U nader as ooit.  Help my om so op U te fokus dat u vrug in my lewe sal wees, liefde en vreugde en vrede en goedhartigheid en getrouheid en nederigheid en selfbeheersing…

Amen”

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Die laaste dag van vryheid…”

  1. Baie dankie Henri vir al die boodskappe van bemoediging in die onseker tye waarin ons is. Wees veilig ek bid vir jou en jou gesin se gesondheid.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: