“Surprised by the man on the borrowed donkey…”

Ek is nie regtig so skerp met die kerklike jaar nie.  So, toe ek vanoggend in my stiltetyd pray as you go luister, en hoor dis Palm Sondag more; was ek aangenaam verras.  Palm Sondag is die begin van Holy week sê hulle op die app.  Heilige Week, die week van Jesus se kruisiging.  More op die Sondag het Jesus in Jerusalem ingegaan as die Koning en Vrydag wat kom is Hy gekruisig.  MAAR!!! Sondag wat kom het Hy opgestaan.

In hierdie vreemde Covid-19-tye moes ek saam met my seun en my twee kollega-vriende preek vanuit my huis na die Internet. (So terloops jy kan die preek gaan kyk more, as jy wil, by http://www.ngmosselbaai.co.za). Die Here het dit op my hart gelê dat Hy die Herder is.  Ons is die skape en Hy is die Herder.  Maar Jesus is nie net die Herder nie.  Ons is ook nie net dom weerlose skape nie.  Daar is baie meer as Psalm 23 oor skape en ‘n Herder.  Die hele Bybel is vol van die Herder-skape metafoor.

Openbaring 7:10 sê:  “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Re 7:10). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Jesus is nie net ‘n Herder nie, Hy is ook ‘n Lam.  Die swakste en mees weerlose van al die skape.  En hierdie week in Holy Week kom dit baie sterk deur.  Jesus is ook ‘n skaap, maar Hy is die swakste en mees weerlose van al die skape.  Hy is die Lam, die een wat vir ons geslag is…

Ek het ‘n boek op my boekrak met die titel: “Surprised by the man on the borrowed Donkey.” Jesus is alweer besig om my te verras.  Hy is nederig, broos en swak.  Hy is ook in beheer en sterk en die Koning.  Weer Openbaring 7:10:  “Ons REDDING kom van ONS GOD, wat OP DIE TROON SIT, en van die LAM.”

 

 

 

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: