Ontmoet vir Frilly

Ontmoet vir Frilly. ‘n Kanarie van die Frilly weergawe. Sy veertjies is bietjie gekrul. Hy is beautifull vir my. Sy toontjies is soooo klein. Hy is soooo broos. Hy weeg omtrent niks. Toe ek hom in sy boksie van die petshop af huistoe bring; voel dit of daar niks in die boksie is nie. Ek dink hy is van porselein gemaak.

Dit het my laat dink aan die Bybel. Ons Vader sorg vir hierdie klein brose voëltjie. Nie eers te sê die klompie wat buite in die koue bly nie. Ek het Sondag net voor Kroonstad -8 grade gemeet in my kar. (Het by my ouers in Pretoria gaan kuier. Gaan ma broos daar). -8 Grade?! Ek weet nie of ek dit sal oorleef nie.

Dit het my weer laat besef. Hou op worry tjom… Jou Vader sal vir jou sorg. Hy sal ook sorg vir almal wat naby aan jou is oor wie jy so baie worry. Jou Vader is in beheer. Nie Corona of politieke leiers of wie of wat ookal nie.

En! As ek in Jesus glo. Sal ek ewig lewe al sterwe ek ook….

26Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” Matteus 6:26 (AFR1983)

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Ontmoet vir Frilly”

  1. Dankie Henri!
    Dit is al wat ‘n mens help om “kop bo water” te hou in hierdie verskriklike onseker tye. 🙏😷

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: