Amal is nie dieselfde nie…

Maar anyway terug na my opstandigheid. Ek kan nie glo dat daar mense in die regering is wat die “Corona geld” gesteel het nie. Geld wat bedoel is vir mense wat regtig swaarkry. Die koerant praat van groot geld. En ek is kwaad. Watse tiepe mens, steel by mense wat swaar kry. Jy skop mos nie ‘n hond wat lê nie. En dis toe dat my opstandigheid begin. By die Visbraai nou die aand, praat ek lekker saam oor die spul in ons land en hulle is almal dieselde.

Ok, so ek het al gesê. Ek is die laaste tyd baie opstandig. Eintlik is ek kwaad. Jy sien, die ding is, ek lees nie eintlik koerant nie. Maar die laaste tyd toe lees ek weer so bietjie die Rapport. Want, ewe skielik het my Sondae baie rustig geraak. Dis so by the way vir my niks lekker nie… Ek wil weer kerk hou.

En toe, toe leer ek ‘n les… Ek en my seun gaan ry fiets. Vêr fiets. Ons Water raak op. Ons stop toe by ‘n baie armoedige huisie in Ruiterbosch. “Ja, meneer natuurlik sal ons vir julle water gee.” En ek dink by myself, wat dink sy van my. My fiets is tien teen een meer werd as al haar besittings saam. Sy verdwyn in haar sink en hout gehuggie en kom met ‘n beker water uit. Want, sien daar is geen lopende water in daardie huisie nie. “Was dit koud hier?” Vra ek. “Ja, meneer” antwoord ‘n ander vrou, wat lyk soos die eerste vroutjie se ma. “Die sneeu het sommer hier naby gelê.” En ek dink aan my huis met ‘n verwarmer, baksteen mure en alles in.

En net daar smelt my woede weg. My opstandigheid verkrummel. ‘n God Moment. Miskien is dit wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het dat ons sal vrugte dra as ons in Hom bly. Vrugte soos goedhartigheid. Mense is nie almal dieselfde nie. Hierdie mense het absoluut niks gehad nie. maar met groot liefde en goedhartigheid het hulle my behandel. As iemand opstandig moet wees, dan moet dit hulle wees.

John 15:5 (AFR1983). 5“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

4 thoughts on “Amal is nie dieselfde nie…”

  1. So waar Henri. Dis soms die wat die minste het die nederigste is..
    Kan die belaglikheid nie verstaan dat ons nie mag kerk toe gaan nie.. Aai mis dit so🙏.
    Seen sense

    Like

  2. Baie waar. Dit is net soos die tragiese verhaal van Vincent van Gogh. Het jy vandag ‘n Van Gogh skildery, kan jy dit verkoop en ‘n pragtige huis en sommer ook nog ‘n steenhuis vir die mense op Ruiterbosch, daarmee kontant koop. Toe Van Gogh geleef het, was sy skildery ekonomies gesproke waardeloos en hy het in armoede geleef want sy skilderye was nie realisties soos byvoorbeeld Rembrandt s’n nie. Dan gee dit ‘n perspektief op die Here se woorde: “Julle wêreld is nie MY wêreld nie”. Mense het norme waarop vraagtekens geplaas kan word, van wat iemand se talent werd is, en dit is nie tydsbeproefde norme nie.

    Like

Leave a comment