Jesus sê ons moet ons kruis opneem. Of Sy presiese woorde is: “As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en my volg…” (Markus 8:34)
Elkeen van ons dra swaarkry saam met ons. Ons wonde gaan nie net weggaan nie. Dit verdwyn nie sommer net vanself nie. Ek hou niks daarvan as mense sê: “ag toemaar man, tyd sal genees…” so asof; as jy dit los sal dit weggaan.
Nee, elkeen van ons se swaarkry is deel van ons. Ons dra dit saam met ons van kleins af. Dit kom tien teen een al jare saam met ons. Of miskien is dit onlangs en nuut. Ons moet ons pyn huistoe bring. Solank as wat jou pyn vêr van jou af is, sal dit jou wond en ook die mense wat naby aan jou is wonde toedien. Jou pyn moet tuiskom, deel van jou word, dan eers sal dit vrug dra in jou hart en in die harte van die rondom jou.
Dit is wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het jy moet kruis opneem. Jy moet jou pyn bevriend! Wat! Ja, jy het reg gelees, jou pyn moet jou vriend word, nie jou vyand nie. Jesus het nie verniet ook gesê, “jy moet jou vyand liefhê nie…” en so by the way, jy kan nie jou naaste liefhê soos jouself as jy nie jouself liefhet nie. En solank as wat jy jou pyn in jou saamdra en dis jou vryand en nie jou vriend nie, sal jy nie vrede, liefde en vreugde kan beleef nie.
Jou waarheid kan jy net vind as jou pyn jou vriend word.
Daar is baie pyn in hierdie wêreld. Maar, die swaarste pyn om te dra is jou eie pyn. As jy jou eie kruis opgeneem het, gaan jy ander se kruise meer duidelik kan sien. Jou lewe gaan ‘n wegwyser word na vrede.
Jesus se pyn is sy grooste vriend. Jesus se pyn definieer Hom. Jesus het sy pyn omhels. Hy het toegelaat dat dit die een ding is wat die hele wêreld gaan verander. Maar, Jesus se kruis was langs ‘n smal weg. ‘n Moeilike weg, ‘n opdraande pad. Jesus se pyn was intens. Maar, die vrug daarvan is amazing. Mag Jesus my help om ook my kruis te dra. Mag ek die krag hê om agter Hom aan te loop.
NS. Na ‘n oordenking van Henri Nouwen. https://henrinouwen.org/meditation/take-up-your-cross/
“Jesus het nie verniet ook gesê, “jy moet jou vyand liefhê nie…” en so by the way, jy kan nie jou naaste liefhê soos jouself as jy nie jouself liefhet nie. En solank as wat jy jou pyn in jou saamdra en dis jou vryand en nie jou vriend nie, sal jy nie vrede, liefde en vreugde kan beleef nie. Jou waarheid kan jy net vind as jou pyn jou vriend word.”
Dis hartseer dat soveel mense die waarheid nie wil omarm nie. Daar is soveel vryheid daarin. Dankie Henri, soos altyd raak beskrywe.
LikeLike
Waarheid. Soos wat jy jou pyn embrace en daar deur werk, kom genesing, verandering en bou Sy karakter in jou
LikeLiked by 1 person
Die Waarheid van neem jou kruis op en volg My maak seer, maar is ook bevrydend!
LikeLike
Bevryding van pyn deur die Verlosser wat alle pyn op om geneem het. Daarom boots ek Hom na en dra my Pyn om sodat ander Jesus kan sien. Dankie vir die klemverskuiwing!
LikeLike