Nou goed. Ek het gese ek gaan elke dag Blog oor wat ons Vader my elke dag wys. Vandag was tough. Tougher as wat ek gedink het. Oor die Robinson pas tot by Oudtshoorn en toe deur Meiringspoort tot hier by Klaarstroom. Die wind het gepla en die berg was hoog.
Wat het God my vandag gewys? Galasiers 6:2 se: “Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvooering aan die wet van Christus.”
Vandag het ek beleef dat ‘n hele gemeente my en Dawie se laste saam dra. Maar meer as dit. Ek het in die laaste maande geleer wat dit beteken as mense saam bid.
Sien ek beleef iets. Se nou maar ‘n persoon wat baie siek is. Iemand sterwend. Ek vra dan vir ‘n paar mense om saam met my te bid vir daardie persoon. En sommer vir my ook wat die persoon moet ondersteun. En daar raak die las vir my ligter. Ons dra nou, as ‘n groep saam daardie las.
Wat is die les. Moenie alleen suffer nie. Deel jou swaarkry met ander. So dra ons mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus. En wat is die wet van Christus? Sy wet is liefde. Liefde vir God en liefde vir mekaar.
Ons moet vir mekaar bid.
Baie dankie vir hierdie waardevolle les. Sterkte met die fietstrap.
LikeLike