Vêr in die ou Kalahari…

Dit is al meer as 10 jaar dat ek Kalahari toe ry om skape te gaan haal vir ons Basaar. En dis al meer as 10 jaar dat ek by myself dink: “een jaar gaan ek nog hierdie met die fiets ry…” Hier is dit nou. Ek gaan die 1000 kilometer van Mosselbaai na Mosplaas op my fiets aandurf. Maar dis nie al nie, Dawie gaan 25% van die afstand saam met my draf. 250 Kilometer in 6 dae. Hier is ons roete:

  1. Mosselbaai na Klaarstroom 144 km
  2. Klaarstroom na Drie Susters 204 km
  3. Drie susters na Britstown  172 km 
  4. Britstown na Prieska 133 km
  5. Prieska na Grootdrink 183 km
  6. Grootdrink na Mosplaas 130 km Grondpad

Hoekom doen ons dit? Wel om geld in te samel vir 15 beeste vir ons Basaar. Die droom is om R150 000 in te samel. (So by the way as jy wil bydra, hier is die besonderhede https://ngmosselbaai.co.za/donasies/). Maar daar is ‘n groter rede. Dawie sê dit is om dankie te sê vir ons Vader wat hom al meer as 30 jaar die voorreg gee om te draf sonder major beserings.

en ek… ek doen dit omdat ek wil hê, omdat ek glo; fietsry is ‘n roeping vir my. Ek love dit om fiets te ry. Dit is wanneer ek regtig lewe, my garage lyk soos ‘n fietswinkel 😂. En ek wil dit vir ons Vader gee. Ek wil dit aan God wy. Ek vra God om dit te seën. en Hy doen. Hy doen regtig.

18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. (2 Korintiërs 4:18).

Die lewe gaan oor soveel meer as dit wat ons kan sien. Hoeveel maal het ek nie al diep geestelike gesprekke met mede fietsryers op die fiets gehad nie. Hoeveel maal het ek nie al vir Jesus beleef in iets of iemand langs die pad nie. Dit laat my dink aan hierdie Bybel gedeelte: “28want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.” (Handelinge 17:28)

So ek gaan probeer om elke dag te blog op die pad. Ek wil jou graag op hierdie reis saam met my vat. Subscribe onder aan die bladsy aan hierdie blog… Ek hoop jy beleef dit saam met my. Ek sien uit om te sien wat God gaan doen…

 

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

5 thoughts on “Vêr in die ou Kalahari…”

  1. Jy gaan vêr ry. Die pad is vêr. Daar is nie kort paaie vir vêr nie. Hoop jy word nie te moeg van vêr ry nie. Daarom kan ons, ons Vader dank dat hy nie moeg word om vêr saam met ons te loop nie.

    Like

  2. Dis n baie ver pad Henri, die fiets se wiele is dun en die saal is smal… baie sterkte vir jou! Wees veilig en baie sterkte vir jou en Dawie. Ons sal die knie-werk tuis doen!

    Like

Leave a comment