Kalahari trip. Tweede skof. Klaarstroom na Drie Susters (200 km op fiets en 50 km op die voet)

Vandag het ek en ou Dawie gesuffer. Daar het ‘n vreeslike wind gewaai en dit op ons langste dag. Dawie het 50 kilometer gedraf, wind van voor. Elke keer as ‘n vragmotor verby ry, ruk dit hom tot stilstand.

Gister toe ek deur Meiringspoort ry en die wind waai so van voor af, toe praat ek met die Here. “Ag Here.” Vra ek… “Gee tog asseblief dat die wind more van agter sal wees. Maar ek weet Here dis baie gevra, miskien bring die wind reen vir die boere…”. En toe, toe waai die wind ons vandag amper van die pad af. En ek dink aan Jakobus wat se. “Broers, julle moet baie bly wees as allerlei beproewings oor julle pad kom.” En kom ons wees nou maar eerlik met mekaar. Ons ry fiets en draf. Daar is mense wat regte beproewings beleef, soos kanker en Covid en baie ander.

Nou hoe se Jakobus dan nou ons moet bly wees oor beproewings. Ek sien die saak so. God vat nie altyd ons moeilikhede weg nie. Hy suffer saam met ons deur dit. En dit is deur swaarkry wat daar seen kom. Jesus, die man van smarte lei saam met ons en laat ons aan die ander kant uitkom. Hy lei ons deur ‘n donker kloof en vat ons na waters van rus en groen weivelde. Die dinge in die lewe wat die moeite werd is, wat ons onthou, wat saakmaak. Dit het baie maal deur leding gekom.

Terug na my en Dawie se moeilike dag. Ons sal hierdie dag onthou. Ek sal dit onthou as die dag toe God nie die wind weggevat het nie, maar my herhinner het dat leiding deel van ons lewe op aarde is. En dat dit soms nodig is.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

9 thoughts on “Kalahari trip. Tweede skof. Klaarstroom na Drie Susters (200 km op fiets en 50 km op die voet)”

  1. Julle is ysters
    Doen so voort- wind is nodig om “geheilig” te word- kopwind waai al d “warmplek” uit jou🙄
    Sterkte
    “Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.”
    ‭‭FILIPPENSE‬ ‭3:14‬ ‭AFR83‬‬
    Vrede

    Liked by 1 person

  2. Keep going Henri and Dawie, we sure are blessed to have such wonderful people as part of our community in Mossel Bay. May the Lord bless you and keep you safe.

    Like

Leave a Reply to Gillian von der Au Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: