Na twee toughe dae was vandag ‘n beter dag. Ek het sommer goed gevoel. Lekker gery. Dawie sê hy het ook lekker gedraf.
Die hele dag lank draai hierdie lied in my kop: “ken Hom in al jou weë, ken Hom in al jou weë. Dan sal Hy jou paaie gelyk, gelyk maak. Ken Hom in al jou weë…”
My suster wat onlangs aan kanker gesterf het. Het vir my gesê eendag: “Weet jy boetie, op hierdie aarde gaan alles verby…”. Dit is regtig waar. Alles gaan verby. Swaar dae gaan verby en beter dae kom. Dit is seker wat hoop is. Hoop sê; more gaan beter wees as vandag. Alles sal verby gaan. Siekte gaan verby, moeilike dae gaan verby. Daar kom altyd beter dae. Ken Hom in al jou weë. Dan sal Hy jou paaie gelyk maak…
Dit kom van Spreuke 3:6 af: “Ken Hom in alles wat jy doen. En Hy sal jou op die regte paaie laat loop.”
As daar ‘n donker kloof voor jou lê wat jy moet deur. Hou moed, jy is veilig in God se hande. More of oormore gaan dit weer beter. Ons Herder vat ons altyd weer na waters van rus en groen weivelde waar daar vrede is.
Henry dankie dat jy nog elke dag kans sien om jou wysheid en inspirerende boodskappe met ons te deel. Mag Hy ook jou en Dawie se paaie gelyk maak.
Dulcie
LikeLiked by 1 person
Sterkte! Jy doen goed. Dankie vir die pragtige boodskap.
LikeLike