Kalahari trip. Dag 5. Prieska na Grootdrink. 180 km op fiets en 46 km op voet

Vandag hoor ek daai liedjie van Anneli van Rooyen wat Karin Zoid saam ha sing. “Ek lewe…”. En voor ek my kan kry sing ek kliphard op die fiets: “Ek lewe,gemaak om na liefde te strewe, op vlerke van vriendskap te swewe. Sonder vrae oor wat more mag bring, ooh ho…😂”

En ek dink. Ek dink oor die lang pad wat ek vandag aandurf. Wat begin het deur ‘n pas en geeindig het tussen die duine op Grootdrink. Dis soos die lewe. Ons lewenspad hier op aarde het ‘n begin en ‘n einde. God se pad vir ons het nie ‘n einde nie. Dit loop vir ewig.

Dink bietjie daaraan. Jesus het gesê ons moet nie skatte op aarde bymekaar maak nie. Dit hou nie. Motte vreet dit op en dit roes; het Jesus gesê. Nee maak skatte in die hemel bymekaar. Dit kan nie roes nie, niks vreet dit op nie, dit hou vir ewig.

En wat is hierdie skatte in die hemel? Jy moet maar self jou mind opmaak oor dit. Die lank en die kort daarvan is, dit is belangrik. Dis die skatte wat ons bymekaar moet maak, het Jesus gesê.

So by the way Jesus het ook gesê: “Ek is opstanding en die lewe, wie in my glo sal lewe; al sterwe hy ook.”

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Kalahari trip. Dag 5. Prieska na Grootdrink. 180 km op fiets en 46 km op voet”

  1. Dankie Henri, vir hierdie spesiale boodskap vir ons vandag. Ons Gerrie swaer se roudiens was vanoggend en ons kon dit vanuit die wildtuin op facebook bywoon. Jy het al so baie gesê “die Here praat met jou op die fiets.” Ek wil byvoeg “die Here gebruik jou, al is jy op die fiets”.

    Ons bid vir jou/julle.

    Johan & Annetjie

    Like

  2. Dankie Henri, vir hierdie spesiale boodskap vir ons vandag. Ons Gerrie swaer se roudiens was vanoggend en ons kon dit vanuit die wildtuin op facebook bywoon. Jy het al so baie gesê “die Here praat met jou op die fiets.” Ek wil byvoeg “die Here gebruik jou, al is jy op die fiets”.

    Ons bid vir jou/julle.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: