Kalahari trip – Grootdrink na Mosplaas en daarna…

Dis nou al ‘n paar dae nadat die toer geëindig het. Op die plaas in die Kalahari was daar nie opvangs nie. So hier kom die laaste blog nou.

Die grondpad was ‘n killer!!!😳. Sand, klippe en wilde sinkplaat. My Gravel bike het swaar geloop. Op ‘n stadium het ek kop onderstebo gaan staan en vir Louwrens my backup gesê; “ek dink nie ek gaan hierdie ding gedoen kry nie…” Maar hy het moed ingepraat en ek het verder gegaan.

Dawie my draf partner het net so swaar geleef. Hy sê dit was ‘n baie rowwe dag. Maar, ons is daardeur.

En as ek nou terugkyk op alles. Wat sal ek sê? Ek is weer terug by Jakobus 1:2. “Beskou dit as ‘n groot vreugde broers, wanneer allerlei beproewings julle oorval, omdat julle weet dat as julle geloof getoets word, dit volharding bewerkstellig. Maar julle volharding moet tot volledige ontwikkeling kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks tekort skiet nie.”

Kyk dit was tough. Maar, ons het R150 000 ingesamel vir ons kerk se Basaar. Covid het ons seergemaak, ons moes planne maak. Maar wie het gedink die Here sal ons so ‘n les leer.

Beskou dit as ‘n groot vreugde wanneer allerlei beproewings julle oorval… sê die Bybel. Wat! Hoe kan ek bly wees oor so ‘n jaar wat verby is, hoe kan ek bly wees oor so ‘n rowwe trip op die fiets, hoe kan ek bly wees oor geld wat skraps is? En my, ons geloof, is getoets hoor. Joune ook? Waar is U Here? Het ons almal al die afgelope tyd gevra. Maar al hierdie dinge, al hierdie swaarkry, al hierdie twyfel het ons geleer om vas te byt. Want, waar was God? Heeltyd daar by ons. Heeltyd voor ons, langs ons, onder ons, rondom ons, agter ons.

Dit maak my bly. Dit maak my verstaan wat Jakobus bedoel met: “sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees..” Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie, sê die Bybel op ‘n ander plek.

So, as dinge tough raak, dan draai jou oog onwillekeurig na God. Dan sien jy die onsigbare dinge raak. As dit goed gaan is mens baie geneig om op die sigbare dinge te fokus. As dinge tough raak, leer dit jou om te volhard, om deur te druk en planne te maak. En God is in al hierdie dinge. Dit maak dat ek kan glo. Dat ek kan glo dat God bestaan en dat Hy die wat Hom nader sal beloon.

Here my God alle eer aan U. Alle eer vir wat ons deur is met hierdie draf en fietstoer. My en Dawie en almal wat betrokke is se geloof is sterker. Ons is nader aan U. Ons ken U bietjie beter. Ons kom niks kort nie, want U, U is ons Vader!

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

4 thoughts on “Kalahari trip – Grootdrink na Mosplaas en daarna…”

  1. so trots op julle, dankie vir wat julle vir ons gemeente doen…ware ystermanne van God..wees geseënd Henri

    Like

  2. Prys die Here. Dit was vir my n ongelooflike ondervinding. Ek het baie respek vir jou en Dawie gekry want ek was heeltyd by en het beleef waardeer julle gegaan het. Ek sal dit weer en weer doen.

    Like

  3. Dis wonderlik dat julle die eindbestemming gemaak het en ook die borg doelwit is bereik. COVID-19 het baie ontwrigting veroorssak en julle het geslaag. Mens kan nie anders as om die Here te prys nie. 🙂

    Like

Leave a Reply to Henri Meyer (vdm) Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: