O jinne, ek lees weer hierdie week iets in die Bybel, wat my voor die kop tref. “…moenie die Heilige Gees van God bedroef nie…” (Efesiërs4:30). Wat?! Ek!? Is God drie enig so oor my gepla dat ek hom kan bedroef? En hoe sal ek Hom bedroef? As jy die hele gedeelte in Efesiërs 4 gaan lees dan sien jy dit gaan oor my lewe. God is gepla oor my lewe. Hy wil hê ek moet ‘n goeie mooi lewe hê. Ek is mos sy kind.
Dit is vir my amazing. God drie-enig se omgee. Sy mooi wense en ideale vir my. Jesus mag U my weg, my pad, my waarheid wees.
Maar, ja maar, dis hoekom ek eintlik hartseer is. Want, ek kom agter my waarheid, my lewe is vir my te belangrik. Ek kom agter dit is vir ons almal. Hierdie Vaccine ding druk ons in kampe in. Ek het ge-vaccinate, kyk net vir my. Of, ek gaan nie vaacinate nie en ek gee nie om wat jy sê nie. En ek laaik jou nie. En, die duiwel dans dat die stof so staan, soos my ouma altyd gesê het. Maar meer belangrik, ek maak die Heilige Gees hartseer.
Ek het agtergekom dat ek net na dit luister, wat ek klaar weet en klaar glo. En ek kom agter almal is so. En wat is die waarheid? Daar is so baie info daar buite. En so… so verloor ek die plot. “Ag nee, daai ou is dom, om nie te vaccinate nie…” “Dis idiots soos hulle wat gaan maak dat ons moeilikheid kry…”
En toe, toe lees ek, ek moet nie die Heilige Gees van God bedroef nie. Ek moet soos Jesus lewe. Waar daar liefde is en deernis, daar is God die Heer.” sing ons in die kerk. Ek weet nie of ons liefde en deernis met mekaar het nie.
Here help my om soos U te wees. Om te luister na my broers en susters. Om almal Jesus met liefde en deernis en respek te behandel. Help my dat my waarheid nooit ooit belangriker raak as U waarheid nie…
-2 Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents. Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn’t love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that. (Efesiërs 5:1-2 The Message)
Baie dankie Henri. Het juis vanoggend met hierdie geworstel, en net besef dit is belangriker om te luister wat ons Vader vir ons wys die waarheid is oor ‘n vaksiene of Covid. En dan besef ek net weer Hy is Liefde en ons moet alles uit liefde doen, selfs liefde vir die liggaam wat Hy ons gegee het. Shalom.
LikeLike
Baie dankie Henri (en ook aan di. Pierre en Gerrie), vir julle toewyding. Jou boodskap Sondag (22 Aug) was baie besonders. In aansluiting met jou blog hierbo, dink ek dat die Hemelse Vader mense voorberei vir die hiernamaals. In die hemel gaan daar baie mense wees wat anderste is as jy. Hoe gaan almal met mekaar oor die weg kom, veral as hulle anders is, as jy dit hier nie kan doen nie.? In die proses leer mens ook om meer volwasse te wees.
LikeLike