Lelies van die veld…

Ok so, ek ry toe met my fiets soos ek maar elke Maandag oggend doen. Dis mos my af oggend. En daar langs die pad op ‘n meklplaas sien ek die lelies wat sommer daar wild in die veld groei. Ek ken hulle as Varkore. En daar praat die Heer met my deur die Varkore. E k hoor hulle duidelik praat, so al asof hulle klein mondjies het.

Hulle sê: “Kyk net hoe welig groei ons. Kyk net hoe mooi is ons. Niemand het ons hier kom plant nie. Ons groei sommer so wild hier. Hier is genoeg water vir ons, genoeg kos in die grond. Ons het ‘n Vader wat vir ons sorg. Ons het ‘n Vader wat ons baie mooi maak.”

Jesus het seker saam met sy dissipels, sy beste vreinde geloop en toe sien Hy dieselfde ding wat ek gesien het. is dit nie amazing nie? Ek Hy sê vir hulle: “Moet nie so baie worry nie julle. My Vader sal sorg. Kyk hoe sorg Hy vir die lelies.” Net so praat Jesus toe Maandag oggend met my.

En Hy sê: “moet nie so baie worry nie. Ek sal sorg. Ek is in beheer. Kyk net hoe mooi sorg ek vir die natuur. Selfs al woed die Corona virus in die wêreld was die veld lanklaas so mooi. Die veld, die lelies, die gras, die blomme is so mooi. Nie een van die celebrities van hierdie wêreld, nie eers die in Hollywood. Nie eers die mooiste model, is so mooi aangetrek nie. Ek is nog steeds in beheer. Ek sal altyd sorg. Wees rustig. Ek is jou Vader, ek sal vir jou sorg.”

28En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. 29Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 30As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?

 Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Mt 6:28–30). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: