Net voordat my suster aan borskanker gesterf het, het sy vir my gesê: “op hierdie aarde gaan alles verby… maar, in die hemel gaan niks verby nie…”
Ek het ‘n plaashek gesien wat lendelam hang. Dit het my daaraan laat dink. Niks hou op aarde nie, mot en roes sal dit verniel. En dis ook goed so. Pyn en swaarkry, gaan verby.
Nadat Adam en Eva in die tuin van die boom van “kennis van goed en kwaad” geeet het, het God hulle uit die tuin laat uitgaan. Nadat Hy dit gedoen het, het hy ‘n Engel by die ingang van die tuin geplaas. Om te keer dat die mense nie weer terug ingaan nie. (Genesis 3:24). God was so ernstig daaroor dat Hy ook ‘n vlammende swaard by die ingang geplaas wat heen en weer beweeg.
Hoekom? Hoekom was dit vir God so belangrik dat hulle nie teruggaan nie? Want, as hulle teruggaan. Dan, leef hulle in alle ewigheid saam met goed en kwaad. En dit wil God nie hê nie. Hy is te lief vir ons. Hy wil hê ons moet in alle ewigheid, net; met goed leef.
Dis die hemel. Dis die ewigheid waar niks verby gaan nie. Daar is nie kennis van geod en kwaad nie. Daar is net kennis van goed. Niks gaan daar verby nie. Niks is gebroke nie. Alles wat oud is sal nuut word. Daar is geen wonde nie. Die enigste wonde is aan die hande van Hom wat ons in sy hande hou.
4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”
5Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”
Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Re 21:4–5). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
In ons “groot trek” Mosselbaai toe, moes ons van baie dinge afstand doen. Daar was ook ‘n spirituele lessie daarin. Die goed en jou geliefde plekkies wat jy besoek het, is alles tydelik van aard.
LikeLike
Baie dankie vir hierdie insiggewende boodskap. Het dadelik aan hierdie foto gedink wat ek iewers gesien het – die geroeste plaashek.
Get Outlook for Android ________________________________
LikeLike