ek is ook ma lekker dom…

Ouboet in Orkney Snorknie het altyd gesê: “ok ma lekker stupid…” wel dis is ek daai soms, as dit by my lewe en gebed kom. Kyk wat staan in die eerste twee verse van Psalm 139:

1Here, U kyk of ek eerlik is en vertrou kan word.

U weet wat gaan hier binne-in my aan.

2Ek kan niks wat ek doen, vir U wegsteek nie.

Nog voordat ek iets doen, weet U wat dit gaan wees.

Onlangs wil ek ‘n nuwe fiets koop. Die wat my ken weet ek is nogal erg as dit by fietsry kom. Ek love dit. Ma die goed is duur. Nou is my kop vol van dit. Ek is heeltyd op die Internet besig om te kyk. Ek probeer heeltyd planne maak. Maar met my liefdevolle Vader praat ek nie oor dit nie. Dit het mos niks met Hom en met gebed te doen nie. Ok ma lekker stupid nè? So asof God nie weet wat gaan in my hart en kop aan nie. Totdat ek weer Psalm 139 gelees het. Kyk wat staan in vers 3:

3Of ek by die huis bly en of ek rondloop, daar is niks wat ek vir U kan wegsteek nie.

U weet alles wat ek doen.

en toe… toe begin ek met God oor dit te praat. Sommer lekker te praat. En wat beleef ek? Ek beleef God sê vir my: “my kind ek is lief vir jou. Ek is bly jy geniet fietsry so baie. Ek verstaan my geliefde kind. Ek wil graag luister en terugpraat oor dit.”

en toe… toe begin fietsry sommer weer ook ‘n ander dinamika kry. Die afgelope week al kry ek so ‘n plekkie langs die pad waar ek stop in die middel van my ride. In die veld. En ek hou sommer net daar stiltetyd. En dis heerlik. En ek praat met God oor alles in my lewe. Want ek weet Hy weet dit klaar. Hy is in alles. Ek kom agter daar is ander goed wat ek ook nie met Hom oor praat nie. Moeilike goed, soos iemand se dood. En stadig, stadig maar seker, is my liefdevolle Vader besig om my vrede te gee. Kyk wat staan in vers 10-12:

10Oral hou U my vas. En U lei my op u pad.

11Al vou die donkerte my heeltemal toe, is U naby my.

12Lig en donkerte is vir U dieselfde. Niemand kan vir U iets in die donker wegsteek nie.

“Vader U is so amazing. Ek is so lief vir U. Ek kan met U oor alles praat. U judge my nie. Nee ek beleef net liefde. En U lei my Vader. Kyk tog of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad. Sien tog my onrus raak. Dankie my liefdevolle Vader dat U my gemaak het. Ek behoort aan U. U ken my. beter as wat ek myself ken. Hoe kan ek dinge van U wegsteek. Dis so dom. Vir my om met U te mag praat, vir my om met U te kan praat, is soos die kosbaarste ding in my lewe. Dankie, dankie Vader. Amen”

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

5 thoughts on “ek is ook ma lekker dom…”

  1. Die eienaardigste van alles is, dat Hy gee altyd meer as was jy vra al neem dit soms lank. Dit is nie veronderstel om eienaardig te wees nie. Neem die EERSTE wonderwerk in die Nuwe Testament in Jesus se loopbaan aangeteken, as voorbeeld. Die wyn was beter as wat die bruilofsfeesgangers kon voor gehoop het. Dan het die wyn ook heengewys na die bloed wat op die kruis as versoening later sou vloei.

    Like

  2. Jislike Henry, ek voel baie so en vergeet om net na Jesus te gaan oor wat ek nodig het, raad en leiding en insig in alles wat ek doen.Baie dankie vir die stukkie, en soos ek deur psalm 139 lees besef ek Jesus is net n gedagte ver.

    Like

  3. Ja nee Henry ons is almal in dieselfde boodjie. Ons doen eers……. en onthou dan as dinge net nie wil werk soos dit moet nie, dat ons die belangrikeste persoon uitgelaat het. Maar Hy sorg nog steeds vir ons. Hoe ongelooflik berusstellend is dit nie ne. Hy wag eintlik net vir jou om Hom te betrek, en dan gebeur dinge eenvoudig soos dit moet. As ons maar net almal kan onthou dat jou hele lewe eintlik net om Hom moet draai, maar ai jou gedagtes is alewig besig met sy eie dinge… dankie tog dat die Heilige Gees ons soooo gereeld herinner dat daar eintlik Iemand is wat die beste weet. groete hier uit Naboomspruit

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: