Toe hande of oop hande…

Die ander aand kyk ek ‘n fliek. Dit was ‘n goeie fliek, regtig. “Miracles from heaven.” In die fliek sê die vrou: “You can either live your life as if nothing is a miracle. Or you can live your life as if everything is a miracle.” Einstein het dit blykbaar gesê.

Maar ek het toe verder gedink. Ek’t gedink oor dankbaarheid. Jy kan of jou lewe leef asof jy niks het om voor dankbaar te wees nie. Almal is lelik met jou en alles loop verkeerd en almal is uit om jou te pynig. Of jy kan jou lewe leef asof jy vir alles kan dankbaar wees.

Jesus het die nag voordat Hy gekruisig is, sy Vader gedank. Hy het die brood gebreek. Die brood wat ‘n simbool is van sy liggaam wat gebreek is. En Hy dank sy Vader vir die brood. Die wreedheid van die kruis, word die grootste simbool van dankbaarheid!

In 2 Kronieke 20 is daar hierdie verhaal van Koning Josafat. Hy is in die moeilikheid. Skynbaar niks om voor dankbaar te wees nie. Die vyand is voor sy deur. Gereed om hom te vernietig. Hy en al sy mense moet hulle vuiste bal en fight. Reg? Ja, natuurlik! Maar wat gebeur?

God kom na hulle toe en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ’n saak vir julle nie, maar vir God. (2 Kronieke 20:15)

En hulle vuiste maak oop. Met oop hande staan hulle en ontvang God se geskenk. As jy die verhaal gaan lees, dan sê God hulle hoef nie te veg nie. Hulle moet net staan en kyk hoe God gaan veg. Hulle moet net ontvang.

Mag ek ook so wees. Here help my om nie te wil fight nie. Help my om met oop hande te staan en te ontvang. U wil vir my veg. U het vir my geveg. Dit maak dat ek U in alles sien. Dit maak my dankbaar. En nou Vader, nou is ek bly!

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: