Gee môre weg…

Ok, so ek lees die volgende raak wat my geliefde Henri Nouwen geskryf het: “I have found it very important in my own life to try to let go of my wishes and instead to live in hope.”

Wat op aarde probeer hy sê. Letting go of “my wishes.” Wat is “my wishes?“ Dis mos nou dinge wat ek wil hê. En dis nie altyd sleg nie. Daar is goeie goed ook wat ek wil hê. Maar jy sien dis die hele punt. Dis wat ek wil hê.

Spreuke 3:8 sê: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.”

So kom ek gee ‘n voorbeeld. Ons is besig met Basaar voorbereidings. Ons verwerk 5 beeste en 5 varke vir Saterdag se Basaar. Om nie eens te praat van al die ander stalletjies en dinge nie. Dis baie lekker vir my. Ons is ‘n amazing span. En toe – toe word daar reën voorspel vir Saterdag.

My natuurlike reaksie is mos nou om teen die reën te bid. Maar toe dink ek. Die arme Here. As dit reën; is ons teleurgesteld in Hom. As dit nie reën nie is die boere teleurgesteld in Hom. So of dit reën of nie my liefdevolle Vader vir wie ek baie lief is, gaan in die moeilikheid wees.

Weer terug by Henri Nouwen se aanhaling: “I have found it very important in my own life to try to let go of my wishes and instead to live in hope.” En ek besef. My Here is mos baie lief vir ons. Hy wil ok mos hê ons moet ‘n goeie Basaar hê. En toe verander my gebed. My gebed is nou: “Vader, dankie dat U vir ons ‘n lekker Basaar wil gee.”

En ek besef dis ‘n beheer ding.

Vader ek wil nie op my eie insigte staatmaak nie. U is mos goed. U is lief vir my. Vir ons almal. U wil mos vir ons die goeie lewe gee. U wil mos hê ons lewe moet ‘n feesmaal wees. Ek wil volkome op U vertrou en nie op my eie insigte staatmaak nie.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Gee môre weg…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: