Wat is die grootste geskenk wat ek vir iemand kan gee? Is dit nie jou lewe nie. My vreugdes, my innerlike vrede, my tyd. As ek dink wie my die meeste in my lewe help. Wie beteken vir my die meeste? Dan is dit hulle wat sy of haar lewe met my deel.
Ek hoor so baie dat ek my hart vir Jesus moet gee. En dit is so. Ek moet en ek wil. Maar dink bietjie daaraan. Hy, Jesus, het sy hart vir my kom gee. Ek boor so baie dat Jesus sy lewe vir my kom gee. Dan dink ek aan sy Kruisdood. Maar, Hy het sy lewe met my kom deel. Sy vreugde,sy vrede, sy struggles Sy hartseer. En hoe baie beteken dit nie vir my nie.
Dit vat iets om jou lewe met iemand te deel. Dit vat iets om jou lewe met God te deel. Maar dit beteken amazing baie.
Ek is maar ‘n loner. So vir my is dit maar harde werk. Maar mag ons Vader my in hierdie nuwe jaar help om my lewe te deel met ander en met Hom.
Mag jy en ek geseënd wees in God se teenwoordigheid. Sy lewe wat Hy met ons deel. En mag ons die vreugde beleef van mense wat bereid is om hulle lewe met ons te deel.
(Geinspireer deur ‘n uittreksel van Henri Nouwen)
Dankie hiervoor Henri!! En dankie dat jy in elke diens jouself met ons deel ..ek weet dit vat guts! Dankie dat jy jou ervarings met die Here met ons deel .. dit is duidelik dat jy nie net óór Hom praat nie, maar Hom intiem kén ..en dis die verskil. Ons lief jou Henri!
LikeLike
Nogal ‘n ontsagwekkende vraag daardie! Ek dink die grootste geskenk wat aan ‘n ander gegee kan word is om daardie persoon van sy vrese/beperkinge te bevry. Jesus het mense bevry van die vrees van die ewige dood en so glo ek dat mens nie “sielsverlate sal sterwe nie”, jou siel sal in daardie finale aardse oomblik met Hom “in die paradys” begelei word. Ons almal het seker daardie oomblik beleef, wanneer jy iemand iets geleer het en daardie eureka oomblik op sy gesig te gesien het en dan is die persoon bevry van sy/haar onkunde/beperking. Wie sal ‘n kind se gesig vergeet, as hy/sy ontdek dat hy kan die fiets sonder ondersteunende hande ry, of wanneer hy sy eerste lengte geswem het, of ‘n wiskunde probleem op sy eie uitgewerk het?
LikeLike
Dankie vir hierdie baie mooi en baie waar woorde.
LikeLike