Ek moet môre Stellenbosch toe ry om ‘n liewe vriendin te gaan begrawe wat die stryd teen kanker verloor het. Dis sad, baie sad…
Jesus gaan direk teen mense se manier in om die swaarkry en die dood te probeer omseil. Ons wil dit so maklik dismiss. Nie swaarkry en die dood in die oë kyk nie. Jesus is anders. Hy gaan daardeur.
Jesus die man van smarte noem party Hom. ‘n Mens kan Hom ook noem: Jesus, die man van die lewe. Want in Hom is daar lewe. Jesus het nooit probeer om te sê dat die dood en swaarkry mooi en goed is nie. Hy probeer dit nie sugar coat nie. By Lasarus se dood het Hy gehuil oor sy vriend wat dood is.
Maar lewe en vrede kom net as jy deur die dal van doodskaduwee gaan. As jy saam met Jesus deur die donker kloof stap. As ek swaarkry en dood nie probeer vermy nie, maak of dit nie bestaan nie. Maar, as ek daardeur. Dan kom ware lewe en vrede. Vir die een wat sterf is daar aan die ander kant van die dood virseker lewe en vrede en vreugde en harmonie en alles wat mooi is.
Mense sê baie maal vir my by ‘n roudiens of ‘n begrafnis. “Ag nee man, moet nou nie ‘n te groot storie maak van dit nie, kry dit net agter die rug.” Dis ‘n fout.
Mense sê; maar ek het nie ‘n keuse nie, dis net iets wat met my gebeur. Jy ek het ‘n keuse. Ek kan of in “denial” leef, of ek kan dit face en saam met my Vader wat my baie liefhet, daardeur.
As ek na swaarkry en dood deur Jesus se oë kyk. As ek daardeur gaan saam met Hom. Dan vind ek; Hy is die Lewe. Dan vind ek soms op plekke, waar ek dit die minste verwag, die blinkste Pêrel. ‘n Kosbare Pêrel wat ek koester en wat vir my die lewe kom gee.