die eerste een wat Jesus sien…

Vanoggend is Opstanding Sondag. Dis hoekom ons Sondag kerk hou en nie Saterdag nie. Dis huge… en op hierdie opstanding Sondag is Maria Magdalena in my hart. Die een uit wie sewe bose geeste gedryf is. Heel waarskynlik die vrou wat Jesus se voete met haar trane gewas het en met haar hare afgedroog het. (Lukas 8:2, Lukas 7:37-38, Johannes 20)

van haar het Phillip Yancey gesê: “Isn’t it amazing that the first person to see the resurrected Jesus was a former prostitute.”

Hierdie vrou het Jesus oral gevolg, sy was by die kruis (Johannes 19:25). Sy was vir Jesus baie lief. Jesus het vir haar ‘n nuwe lewe kom gee.

Die Sondagmore baie vroeg. Sekerlik rondom sonsopkoms het sy na die graf toe gegaan. Toe sy daar kom was die graf leeg. Haar hart was gebreek. Waar het hulle die liggaam van haar geliefde Jesus heengevat. Haar hart is gebreek. Die monster van die dood het haar Jesus kom wegruk. Sy sal nooit weer aan Hom kan vat nie, saam met Hom aan tafel kan sit nie. Sy voete kan aanraak nie. Sy hardloop terug om die ander dissipels te gaan vertel.

Baie dinge gebeur, en sy is weer alleen by die graf. Sy staan en huil by die graf. Skielik staan Jesus agter haar. Beleef sy liefde en deernis as Hy vir haar vra:

“Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?”

Maria staan daar; weerloos en alleen. Waar is haar Jesus. Sy kan nie, sy wil nie sonder Hom leef nie. Hy het haar lewe verander. Sy is baie lief vir Hom. Al wat sy nog van Hom het; is sy liggaam. Haar geliefde Jesus. Haar Here; haar God…

en dan… dan sê Jesus: “Maria” en sy draai om; en herken Hom; en sê: “Rabboeni”

Dink jou daardie oomblik in. Sien haar gesig. Die verligting, die verassing, die liefde. Sien Jesus se gesig, sy oë, sy onbeskryflike groot liefde; vir sy geliefde dogter. Die voormalige vrou van die nag, die een uit wie sewe bose geeste gedryf is. Die sondaar.

Ek is ook Maria Magdalena… Die sondaar… die verloste… die geliefde seun…

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “die eerste een wat Jesus sien…”

  1. En op ‘n ligter dig ernstige noot. Dit is dan nou 6 uur in Diereland al is dit later in menseland en hier volg Paashaasdas se nuuskas. Sekretarisvoël het bekend gemaak:

    DIE HEER, DIE HEER HET OPGESTAAN – DIE HEER HET WAARLIK OPGESTAAN.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: