Ek lees hierdie storieboek: “This Tender Land.” Dis nogal ‘n goeie storieboek. In die boek praat een van die karakters oor God, wat ‘n Herder is. Daar het iets sleg met hom gebeur en hy kan nie vir God sien as goed nie. Hy sê toe die volgende: hy sê hy kan nie verstaan hoe kan God goed wees nie. Is ‘n herder nie veronderstel om die skape te slag en te eet nie. Is dit nie die eintlike doel van die skape nie? Dit tref my toe voor die kop. Ek het nog nooit so daaraan gedink nie.
‘n Week terug is ek in die Kalahari op ‘n skaap plaas. Ek het baie respek vir die boere daar. Die oggend vroeg kom ek op die boer se vrou af. Sy sit in ‘n skaap kraal en voer ‘n paar hanslammers met ‘n bottel. Daar is ook ‘n klein Steenbokkie. Te pragtig. Sy is baie lief vir hierdie lammers. Jy kan dit sien.
Die aand kom die boer, haar man, by ons braai aan. Hy sê toe twee goed wat my tref. Die eerste is. Sy vrou het 4 maande nadat die kallers gespeen is by die trop gekom. Daar was omtrent 500 skape in die trop. Sy roep toe: “Kom hierso my kinders.” En sowaar daar kom die klompie lammers uit die trop na haar toe aangehardloop.
Die tweede ding wat die boer my vertel is dat sy vrou nie meer eintlik wil hê hulle moet skaapvleis eet nie. Want, sê sy: “Mens eet nie jou vriende nie…”
Nou ja, terug by my oorspronklike vraag oor Jesus as my Herder. Ek kry toe my antwoord in die Bybel. Lees gou mooi saam met my:
10’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My,
Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Jn 10:10-11; 14). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
Daar is die antwoord. Dis die dief wat steel en SLAG en uitroei. Nie die goeie Herder nie. Die goeie Herder ken sy skape en sy skape ken Hom.
Dis so maklik vir mense om God die skuld te gee vir als wat verkeerd loop. Jy is reg, Hy is ‘n goeie herder. Dankie vd deel
LikeLike
Vir my het die woorde: “My genade vir jou is genoeg.” het altyd depressief gelyk. Eendag toe besef ek die Heer gee meer as wat jy vra, kyk na die eerste wonderwerk toe Jesus baie beter wyn maak as wat die bruilofgaste kon verwag. Sy evangelie is soook baie meer as om die Jode van die Romeinse juk te bevry.
LikeLike