God is net Amazing, Hy kan vergeet…

Gister is ek weer in my happy place. Ek sit in die kerk. My vriend Ben is aan die woord. Hy praat oor vergifnis. En daar uit sy mond, daag God op. God wys vir my dat Hy amazing is en dat Hy vergeet.

Kom ek vertel jou…

Ben praat oor vergifnis. Hy praat oor Dawid. Dawid die grootste droogmaker. Dawid wat doen wat verkeerd is in die oë van die Here. Jy ken mos die verhaal. Dawid sien vir Batseba raak. Hy laat haar haal. Slaap by haar. Maak haar swanger. Maak haar man dood! Dink bietjie daaraan. Sê nou iemand wat ek ken; doen dit. Of erger nog, iemand na wie ek opkyk as geestelike leier doen dit. Dink bietjie hoe disgusted sal jy wees?! “Het jy gehoor van Piet, hy het Gert se vrou gevat, haar swanger gemaak en toe gereël dat Gert doodgemaak word.” Wat 😳‼️

En nou die versie. Die versie wat my laat regop sit het. Die versie wat my God-Moment was.

Maar jy was nie soos my dienaar Dawid wat hom aan my opdragte gehou het en wat sy hele lewe aan My toegewy het deur net te doen wat reg is in my oë nie.  Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., 1 Ki 14:8).

Hoe kan God sê Dawid het net gedoen wat reg is in God se oë🤷🏻‍♂️. Dawid was ‘n aaklige ou man. Kyk net wat het hy gedoen. Ek meen wie doen dit. En dan sê God; Dawid het net gedoen wat reg is in God se oë. Het God dan vergeet🤷🏻‍♂️.

Exactly! God het vergeet! Ja, God het vergeet. Hy kies om te vergeet van Dawid se sonde. Dawid het hom voor God verootmoedig. Dit beteken hy het eerlik na God toe gegaan en sy sondes bely. Hy het vergifnis gevra. gaan lees maar Psalm 51. En God? God vergeet daarvan. 12So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Ps 103:12).

Man, ek is dankbaar. Ek is bly. God is dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid. God vergeet my sonde ook. My sonde, wat ek verootmoedig, eerlik, berouvol, voor Hom bely. GOD IS AMAZING🙌🏻

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

4 thoughts on “God is net Amazing, Hy kan vergeet…”

Leave a comment