Die boek van die lewe…

Hoeveel van die Pearly Gates grappies het ek nie al gehoor nie? As jy by die Pearly Gates kom dan moet jy nou vir Petrus vra om in te gaan en dan kyk hy eers in sy boek of jy darem goed genoeg was. Of daar is ‘n cartoon in die koerant, van een of ander politikus, wat by die Pearly Gates staan en dan moet Petrus in sy boek kyk of die ou mag ingaan of nie. En die ding van grappies is daar steek altyd iets daarin, dis hoekom dit snaaks is.

Ek lees toe in Openbaring 20:12 van die boek van die lewe: 12Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook ’n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het.”

Jy weet partymaal moet mens net die Bybel lees, die antwoord is reg voor jou. Kyk mooi wat staan in die een vers. Daar is “boeke”. Ja, boeke soos in meervoud. Die boek van die lewe en die ander boek, en nog ‘n boek, noem dit maar die boek van die dood. Die mense wat nie glo nie se sondes is gelys in die tweede boek. Die wat glo se naam in die boek van die lewe. Net dit. Net jou naam. Nie alles wat jy verkeerd gedoen het; of reg gedoen het en nou gaan Petrus in sy boek kyk, of jy dit darem gemaak het nie.

Oom Angus sê altyd: “Good people don’t go to heaven, believers do…” My naam staan in die boek van die lewe geskryf. Jesus het daarvoor gesorg. Nie ek nie. Ek hoort nie eers naby die Pearly Gates nie. Jesus het al my sondes weggevat, dis vergete, dit staan in geen boek nie. En ook nie alles wat ek goed gedoen. het nie.

6Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

 Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Jn 14:6). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Die boek van die lewe…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: