Wees altyd dankbaar…

Ek gaan besoek laasweek een van ons lidmate. Hy is nuut in die dorp en die gemeente. Hy en sy vroutjie het afgetrek hier na Mosselbaai toe, nadat hy vir baie jare geboer het. Hulle het skaars hier aangekom, of hy word met pankreas kanker gediagnoseer. Ja, jy het reg gehoor. En dis terrible. En baie sleg. En hartseer. En dit breek my hart. En God se hart.

En wat sê hy? Hy vertel hoe dankbaar hy is. Hy is dankbaar sê hy, as die pyn hom vroeg in die oggend uit die bed dryf. Dan slaap almal nog sê hy. Dan kom sit hy op sy spesiale plekkie. Vanwaar hy oor die see kan uitkyk en die son sien opkom. “Daar praat ek elke oggend met God…” vertel hy. En hoe bly dit hom maak. En hy hou aan. Hoe bly hy is, oor sy vrou, en sy hondjies, en die natuur, en sy verhouding met sy Here. En hy hou aan en aan en aan.

En ek wonder? Hoe kry hy dit reg? Wat is sy resep?

“Toe ek nog op die plaas was…” vertel hy “het ek elke oggend met my bakkie in die veld ingery en met God tyd spandeer…”

Dis toe die pennie vir my drop. Dis ‘n lewe van geloofsgewoontes wat nou vrug dra. Jy kan nie anders as om dankbaar en bly te wees as jy God se kind is nie. As jy bid oor goed kyk jy anders na daai selfde goed. Jy kry God se perspektief op dit. En sy perspektief is goedheid en liefde. Dit is God se legacy. Dit kan my legacy ook wees. Dit ìs my vriend met die aaklige siekte se legacy ook.

Kyk wat sê die woord:

“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”
‭‭FILIPPENSE‬ ‭4‬:‭4‬-‭7‬ ‭AFR83‬‬
https://bible.com/bible/6/php.4.4-7.AFR83

G

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

3 thoughts on “Wees altyd dankbaar…”

  1. Ek hoop en bid hy word gesond. Die tyd jou lewe waar die bedrywighede nie meer maak dat jy jou meditasietyd verwaarloos nie, moet nie kortstondig wees nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: