“Op hulle hande sal hulle jou dra…”

Die afgelope naweek was ek en my vroutjie Nieu-Bethesda toe om twee pragtige jongmense te gaan trou. Net vir reference sake; Nieu-Bethesda is 450 km van Mosslbaai af. Dis nogal ‘n trek, maar wat ‘n amazing klein dorpie. Vol van die Here se geskiedenis…

Die oggend na die troue – want ons moes oorslaap – maak ons reg, om terug te ry. Daar is so ‘n 25 km grondpad en dan die pad Graaff-Reinet toe. Ek stap ewe vrolik met vroutjie se rooi tassie in die een hand en haar vanity case in die ander hand. Toe hoor ek iemand vrolik roep: “More! Jy het seker gesien jou wiel is pap.” My moed sak in my skoene, want ek weet die kar het net so ‘n Marie-biscuit spaarwiel. En die ding gan nie lekker op die grondpad werk nie. Maar ek ruil maar om. Voor ons ry, vat ek en my Carina hande en ons bid. Ons bid dat ons Vader met ons sal wees en ons sal beskerm.

Ek ry daar weg en stop by die kleinste kafee. Jy weet daai soort waar die verkoopsman agter die toonbank staan en dan wys jy vir hom wat jy soek en hy haal dit af. “Do you have something that I can fix my wheel with?” vra ek hom. Sonder om ‘n woord te sê druk hy sy hand onder die toonbank in en kom te voorskyn met ‘n wheel repair kit. Nou kort ek net ‘n pomp. Wat ek toe eers in Graaff-Reinet kry. Daar fix ek die wiel voor Carina nog uit die badkamer kom.

En toe ry ons verder. Dis ‘n oop pad en ek voel bietjie waaghalsig en sit die kar se cruise control op 130 km/h. Die band is mos nou reg en tot hier kon ek hie vinniger as 80 ry nie, want dit staan op die marie biscuit spaawiel so. Ek kyk iets op die radio…. en toe!

“Henri!” roep Carina. Toe ek opkyk; het die persoon wat in die aankomende baan ry aan die slaap geraak. Hy is op my. Soos in op my! Ek draai links. Ek mis hom. Ek weet nie hoe nie. Dit maak nie sin nie. Ons moes mekaar getref het.

En ek en Carina is stomgeslaan. Ons emosie is: Dankie Here! Ons kry nie ‘n woord uit nie.

En toe dink ek aan die woorde waarmee die duiwel Jesus versoek het in die woestyn:

11Hy sal sy engele opdrag gee 

om jou te beskerm waar jy ook al gaan. 

12Op hulle hande sal hulle jou dra, 

sodat jy nie jou voet 

teen ’n klip sal stamp nie. 

 Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Ps 91:11–12). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

6 thoughts on ““Op hulle hande sal hulle jou dra…””

  1. Ek dink as ons weet van alles waarvan die Here ons daagliks bewaar, sal ons nie rondbeweeg nie. Soms laat Hy ons sien – net om ons weer dankbaar te maak. Bly julle is veilig.

    Like

Leave a reply to elsabeskryf Cancel reply