Pyrenees Berge hier kom ek….

20160608-123948.jpg

Wel hier gaan ek, more klim ek op die vliegtuig en ontdek die wereld soos Jannie du Toit sing. My vrou se baie vir my ek is die Here se witbroodjie en ek begin haar nou al te glo. Dankie Here vir hierdie geleentheid. Ek het die behoefte om hier die storie te vertel ( het dit al in die kerk vertel).
Wel dit het gekom met een van ons lidmate Louis Holtzhausen wat gevra het ek moet sy seun en sy vrou, so n bietjie vir n mountain bike ride vat, as hulle hier kom vakansie hou uit Switserland.
Wel ek het dit toe gedoen en dadelik het ek en Frans en sy Duitse vrou Dajana geclick. Die gesprek het by alles gedraai en ook onder andere oor die werk van die Here en die fonds insamelings projekte wat ek aanpak. Ek het toe aan hulle vertel van die keer wat ek van Pretoria na Mosselbaai gery het, die ander keer van Paternoster na Port Shepstone, die Epic, die Otter en my 300 km. tog van Kaap Agulhas na Mosselbaai. Elke keer het ek geld ingesamel vir die een of ander projek in die Koninkryk. Dajana het veral baie belang gestel in die gesprek en dadelik vir Frans gese ek en hy moet iets saam doen. Wel dit toe maar daar gelaat en na ‘n lekker ete by Eight Bells Hotel is ons huistoe.
Maar Frans het kontak gehou. Die Here het met hom begin werk….
Eendag kry ek toe ‘n mail wat se hy wat Frans is wil graag betrokke raak by so ‘n projek. Hy sal sien wat hy kan doen daar in Switserland. Wel soos die spreekwoord se: “the rest is history”. Ons het meer as R140 000 saam ingesamel vir werk onder die Jeug in ons gemeente. En ons gaan die Transpyrees bergfietswedren in Spanje ry as fondsinsamling projek. Wat kan ek se? Die ding het groter as ek geraak en Frans werk nou net so hard in die Koninkryk soos ek. Sondag begin ons met ons 7 dae tog oor die Pyrenee berge.

Hier is wat die website se:
ADVENTURE 2016> 7 Stages > 775km > 20.600m of accumulated
climbing

STAGES TRANSPYR 2016:

– Stage 01: 12 junio, ROSES > CAMPRODON (120km, 2.500m pos. – 1.245m neg.)
– Stage 02: 13 junio, CAMPRODON > LA SEU D´URGELL (115km. 2.600m pos. – 2.535m neg.)
– Stage 03: 14 junio, LA SEU D´URGELL > EL PONT DE SUERT (120km, 3.500m pos. – 2.885m neg.)
– Stage 04: 15 junio, EL PONT DE SUERT > AINSA (95km, 3.400m pos. – 3.540m neg.)
– Stage 05: 16 junio, AINSA > JACA (95km, 2.900m pos. – 2.315m neg.)
– Stage 06: 17 junio, JACA > BURGUETE / RONCESVALLES (135km, 3.200m pos. – 2.740m neg.)
– Stage 07: 18 junio, RONCESVALLES > HONDARRIBIA (95km, 2.500m pos. – 3110m neg.)

Ek sien die saak so. Fondsinsameling gaan oor meer as rand en sent en fietswiele wat sing en twee ouens wat doen waarvoor hulle lief is. Fondsinsameling gaan daaroor dat mense betrokke raak in die Koninkryk van God en op hierdie manier ongekende seen beleef. Mag die naam van God drie Enig alleen die eer kry!!!!

“Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.”. Psalm 103:2

20160608-122909.jpg

Sien Jesus ons…

Nog steeds op die onderwerp van gee.
Lukas 12:1-3 vertel die verhaal van Jesus wat staan en kyk hoe mense geld in die Tempel se offergawe kis gooi. Daar kom toe ‘n arm weduwee en gooi baie min geld in. Maar dit was alles wat sy gehad het. Jesus het haar gawe hoog geag, selfs hoër as die rykes se klomp geld.
Wel jy sien die verhaal het my aan die dink gesit… Hou Jesus ons dop? Sien Hy wat ons gee? Of nie gee nie? Hy het dan daar by die Tempel gestaan en kyk…  (ek verstaan dis nie eintlik die sentrale boodskap nie, ma ek wonder toe…)

Ek gaan my eie vraag probeer beantwoord. Die een of ander Kerkvader; dink dit was Calvyn het gesê: ons gee met afgekapte hande. Jesaja 62:6 sê; ons beste dade is soos vuil klere. Wat kan ons vir God gee.
Ek dink gee is aanbidding – “Worship.” As jy gee is dit ‘n manier om God te aanbid. En as ons God aanbid dan bring ons eer na sy naam. Dit gaan alles dus oor God, net oor God. Ons gee maar net wat hy alreeds vir ons gegee het. Gee is genade. Kyk maar na die arm weduwee; sy gooi in dieselfde kis geld terug waaruit sy tien teen een aalmoese kry…

Hou Jesus ons dop? Ja ek dink so, maar sy dophou is ‘n dophou van liefde, nie van oordeel. Elke gawe wat ons bring na Hom maak sy hart warm, dit wys sy liefde vir ons. Sy genade.

Luke 21:1–4 (AFR1983)
1Jesus het rondgekyk en die rykes hulle gawes in die offergawekis sien gooi.
2Hy sien toe ook ’n arm weduwee twee klein muntstukkies daar ingooi,
3en Hy sê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander.
4Hulle het almal iets uit hulle oorvloed in die offergawekis gegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het om van te lewe.”

 

Wat jy saai, sal jy maai…

As jy Karig saai sal jy karig oes en as jy volop saai sal jy volop oes sê die woord(2 Korintiërs 9:6).

So ‘n paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om Israel te besoek, man dit was ‘n amazing experience. Ma ek wil nie nou eintlik daaroor praat nie, waaroor ek wil praat is die argument waarin ek daar betrokke geraak het met ‘n mede Christen. Die stryery het gegaan oor die gedeelte in die Bybel wat sê: wat jy saai sal jy maai. Die betrokke persoon het gesê dat as jy vir die Here gee dan gee Hy weer vir jou terug. “Sê nou maar;” sê hy vir my; “as jy R1 000 ‘saai’ dan sal die Here vir jou ‘n ‘oes’ gee van R10 000.” Ek het nie daarvan gehou nie, “ek dink dit werk bietjie anders” het ek gesê. Die persoon het verder gegaan en gesê dat iemand hom gevra het of hy van sy netto inkomste moet gee vir die werk van die Here, of van sy Bruto inkomste. Wel was die antwoord, “wil jy ‘netto’ geseën word, of wil jy ‘bruto’ geseën word?”
Ek sien die sakie heeltemal anders. Ek dink 2 Korintiërs 9:6 wil vir ons sê dat God ‘n oes sal oplewer as ons saai in sy Koninkryk. Kom ek noem ‘n voorbeeld. Jy gaan elke Vrydag by ‘n tannie in die ouetehuis tee drink. Oor tyd sien jy hoe die tannie na jou besoeke begin uitsien en jy en die tannie kry groot seën daaruit en God se naam kry die eer.
Nog ‘n voorbeeld: Jy werk baie hard in jou besigheid vir jare, oor tyd groei jou besigheid en raak jy suksesvol. Op hierdie manier is jy versorg en kan jy bydra tot God se Koninkryk.
Jy kan jou geestelike lewe seker op ‘n manier soos ‘n Boerdery sien. Stoot al jou saad in die land in (so by the way die saad kom alles van God af). Met ander woorde leef met passie vir die Here. Die Here sal ‘n groot oes laat opkom tot sy eer!

2 Korintiërs 9:10 (AFR1983)
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer.

Om te gee…

Met die dat ek in die Kalahari was om 120 skape te gaan haal vir ons gemeente se Basaar, het ek baie begin dink oor die beginsel van gee…  Die eienaars van Mosplaas (4 van hulle) gee 120 Lammers vir ons gemeente vir die afgelope klomp jare al.  En ek sien hoe seën die Here hulle.  Eintlik het dit begin met een van die eienaars wat gesê het die Here het die plaas met 120 mm. reën geseën en hulle wil dankie sê deur 120 lammers te gee.  wat ‘n inspirasie!

Nou kom die vraag waarmee ek worstel.  Hoekom gee hulle so baie?  en Seën die Here hulle omdat hulle gee en nie die ander omdat hulle nie gee nie?
Die ding is ek het al in die lewe agtergekom dat dit altyd belangrik is om die regte vrae te vra.  Ek dink nie die 2 vrae wat ek hierbo vra is goeie vrae nie.  Want sien, as jy hierdie vrae vra, gaan dit oor jouself.  Jy kan nie gee en dink wat daarin is is vir jou nie, want, dan is dit nie gee nie…
Ek preek hierdie naweek oor hierdie issue, so ek wil nie in te veel detail ingaan nie.  Wat ek wel wil sê is dat ek dink gee, is deel van ‘n kind van die Here se wese.  Jy gee vanuit wie jy is.  God is nie in die ontvang besigheid nie, Hy is in die gee besigheid.  As ons sy kinders is wat na sy beeld geskape is en die Heilige Gees wat in ons woon maak ons meer soos Jesus, gaan ons gedring voel om te gee.

Jesus het sy hart, sy hele lewe vir ons gegee…

2 Korintiërs 8:9 (AFR1983)

9Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.