Kalahari trip. Dag 5. Prieska na Grootdrink. 180 km op fiets en 46 km op voet

Vandag hoor ek daai liedjie van Anneli van Rooyen wat Karin Zoid saam ha sing. “Ek lewe…”. En voor ek my kan kry sing ek kliphard op die fiets: “Ek lewe,gemaak om na liefde te strewe, op vlerke van vriendskap te swewe. Sonder vrae oor wat more mag bring, ooh ho…😂”

En ek dink. Ek dink oor die lang pad wat ek vandag aandurf. Wat begin het deur ‘n pas en geeindig het tussen die duine op Grootdrink. Dis soos die lewe. Ons lewenspad hier op aarde het ‘n begin en ‘n einde. God se pad vir ons het nie ‘n einde nie. Dit loop vir ewig.

Dink bietjie daaraan. Jesus het gesê ons moet nie skatte op aarde bymekaar maak nie. Dit hou nie. Motte vreet dit op en dit roes; het Jesus gesê. Nee maak skatte in die hemel bymekaar. Dit kan nie roes nie, niks vreet dit op nie, dit hou vir ewig.

En wat is hierdie skatte in die hemel? Jy moet maar self jou mind opmaak oor dit. Die lank en die kort daarvan is, dit is belangrik. Dis die skatte wat ons bymekaar moet maak, het Jesus gesê.

So by the way Jesus het ook gesê: “Ek is opstanding en die lewe, wie in my glo sal lewe; al sterwe hy ook.”

Kalahari trip dag 4: Britstown na Prieska 133 km fiets en 35 km draf

Dis darem interesant hoe dit werk. As dit die dag sleg gaan vra mens allerhande vrae. Hoekom ek? Wat het ek gesondig? Kyk hoe goed gaan dit met haar… En as dit die dag goed gaan? Dan vra ek nooit vrae soos: Hoekoem ek? Wat het ek gedoen om dit te verdien? Hoekom gaan dit dan sleg met hom?

Miskien moet ons vrae soos daai begin vra. Vandag het ons van Britstown na Prieska gery. Dit was ‘n great dag. Dawie sê hy het lekker gedraf, ek het heerlik fietsgery. Selfs RSG (nationale Suid Afrkaanse radiostasie) het oor ons gepraat. En toe dink ek. Oor goeie en slegte dae. Vandag het ek gevoel soos ‘n eregas. God se goedheid en liefde het my omring. Ek het by die feesmaal van die lewe aangesit. En hoekom is dit? Want, ek is God se geliefde. Dawie is God se geliefde. Hy gee vir sy kinders goeie dinge. Want Hy is lief vir ons.

En as die slegte dae kom? Dan is ons ook sy geliefdes. Ons moet daaraan vashou. As ons in die donker kloof sit. Is ek en jy nog steeds God se geliefde seun, sy geliefde dogter. Hy sal ons in sy hande hou. Hy sal ons daardeur vat.

Al die elende het Job getref. Hy is van alles gestroop. En wat sê hy? “Die Here het gegee, die Here het geneem. Prys die naam van die Here.” (Job 1:21)

Kalahari dag 3. Drie Susters na Britstown (170 km)

Na twee toughe dae was vandag ‘n beter dag. Ek het sommer goed gevoel. Lekker gery. Dawie sê hy het ook lekker gedraf.

Die hele dag lank draai hierdie lied in my kop: “ken Hom in al jou weë, ken Hom in al jou weë. Dan sal Hy jou paaie gelyk, gelyk maak. Ken Hom in al jou weë…”

My suster wat onlangs aan kanker gesterf het. Het vir my gesê eendag: “Weet jy boetie, op hierdie aarde gaan alles verby…”. Dit is regtig waar. Alles gaan verby. Swaar dae gaan verby en beter dae kom. Dit is seker wat hoop is. Hoop sê; more gaan beter wees as vandag. Alles sal verby gaan. Siekte gaan verby, moeilike dae gaan verby. Daar kom altyd beter dae. Ken Hom in al jou weë. Dan sal Hy jou paaie gelyk maak…

Dit kom van Spreuke 3:6 af: “Ken Hom in alles wat jy doen. En Hy sal jou op die regte paaie laat loop.”

As daar ‘n donker kloof voor jou lê wat jy moet deur. Hou moed, jy is veilig in God se hande. More of oormore gaan dit weer beter. Ons Herder vat ons altyd weer na waters van rus en groen weivelde waar daar vrede is.

Kalahari trip. Tweede skof. Klaarstroom na Drie Susters (200 km op fiets en 50 km op die voet)

Vandag het ek en ou Dawie gesuffer. Daar het ‘n vreeslike wind gewaai en dit op ons langste dag. Dawie het 50 kilometer gedraf, wind van voor. Elke keer as ‘n vragmotor verby ry, ruk dit hom tot stilstand.

Gister toe ek deur Meiringspoort ry en die wind waai so van voor af, toe praat ek met die Here. “Ag Here.” Vra ek… “Gee tog asseblief dat die wind more van agter sal wees. Maar ek weet Here dis baie gevra, miskien bring die wind reen vir die boere…”. En toe, toe waai die wind ons vandag amper van die pad af. En ek dink aan Jakobus wat se. “Broers, julle moet baie bly wees as allerlei beproewings oor julle pad kom.” En kom ons wees nou maar eerlik met mekaar. Ons ry fiets en draf. Daar is mense wat regte beproewings beleef, soos kanker en Covid en baie ander.

Nou hoe se Jakobus dan nou ons moet bly wees oor beproewings. Ek sien die saak so. God vat nie altyd ons moeilikhede weg nie. Hy suffer saam met ons deur dit. En dit is deur swaarkry wat daar seen kom. Jesus, die man van smarte lei saam met ons en laat ons aan die ander kant uitkom. Hy lei ons deur ‘n donker kloof en vat ons na waters van rus en groen weivelde. Die dinge in die lewe wat die moeite werd is, wat ons onthou, wat saakmaak. Dit het baie maal deur leding gekom.

Terug na my en Dawie se moeilike dag. Ons sal hierdie dag onthou. Ek sal dit onthou as die dag toe God nie die wind weggevat het nie, maar my herhinner het dat leiding deel van ons lewe op aarde is. En dat dit soms nodig is.

Kalahari na Mosplaas dag 1. Mosselbaai na Klaarstroom

Nou goed. Ek het gese ek gaan elke dag Blog oor wat ons Vader my elke dag wys. Vandag was tough. Tougher as wat ek gedink het. Oor die Robinson pas tot by Oudtshoorn en toe deur Meiringspoort tot hier by Klaarstroom. Die wind het gepla en die berg was hoog.

Wat het God my vandag gewys? Galasiers 6:2 se: “Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvooering aan die wet van Christus.”

Vandag het ek beleef dat ‘n hele gemeente my en Dawie se laste saam dra. Maar meer as dit. Ek het in die laaste maande geleer wat dit beteken as mense saam bid.

Sien ek beleef iets. Se nou maar ‘n persoon wat baie siek is. Iemand sterwend. Ek vra dan vir ‘n paar mense om saam met my te bid vir daardie persoon. En sommer vir my ook wat die persoon moet ondersteun. En daar raak die las vir my ligter. Ons dra nou, as ‘n groep saam daardie las.

Wat is die les. Moenie alleen suffer nie. Deel jou swaarkry met ander. So dra ons mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus. En wat is die wet van Christus? Sy wet is liefde. Liefde vir God en liefde vir mekaar.

Ons moet vir mekaar bid.

Vêr in die ou Kalahari…

Dit is al meer as 10 jaar dat ek Kalahari toe ry om skape te gaan haal vir ons Basaar. En dis al meer as 10 jaar dat ek by myself dink: “een jaar gaan ek nog hierdie met die fiets ry…” Hier is dit nou. Ek gaan die 1000 kilometer van Mosselbaai na Mosplaas op my fiets aandurf. Maar dis nie al nie, Dawie gaan 25% van die afstand saam met my draf. 250 Kilometer in 6 dae. Hier is ons roete:

  1. Mosselbaai na Klaarstroom 144 km
  2. Klaarstroom na Drie Susters 204 km
  3. Drie susters na Britstown  172 km 
  4. Britstown na Prieska 133 km
  5. Prieska na Grootdrink 183 km
  6. Grootdrink na Mosplaas 130 km Grondpad

Hoekom doen ons dit? Wel om geld in te samel vir 15 beeste vir ons Basaar. Die droom is om R150 000 in te samel. (So by the way as jy wil bydra, hier is die besonderhede https://ngmosselbaai.co.za/donasies/). Maar daar is ‘n groter rede. Dawie sê dit is om dankie te sê vir ons Vader wat hom al meer as 30 jaar die voorreg gee om te draf sonder major beserings.

en ek… ek doen dit omdat ek wil hê, omdat ek glo; fietsry is ‘n roeping vir my. Ek love dit om fiets te ry. Dit is wanneer ek regtig lewe, my garage lyk soos ‘n fietswinkel 😂. En ek wil dit vir ons Vader gee. Ek wil dit aan God wy. Ek vra God om dit te seën. en Hy doen. Hy doen regtig.

18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. (2 Korintiërs 4:18).

Die lewe gaan oor soveel meer as dit wat ons kan sien. Hoeveel maal het ek nie al diep geestelike gesprekke met mede fietsryers op die fiets gehad nie. Hoeveel maal het ek nie al vir Jesus beleef in iets of iemand langs die pad nie. Dit laat my dink aan hierdie Bybel gedeelte: “28want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.” (Handelinge 17:28)

So ek gaan probeer om elke dag te blog op die pad. Ek wil jou graag op hierdie reis saam met my vat. Subscribe onder aan die bladsy aan hierdie blog… Ek hoop jy beleef dit saam met my. Ek sien uit om te sien wat God gaan doen…

 

Daar is ‘n tyd vir elke ding…

Die Grieke het twee woorde vir tyd. Ons het net een. Chronos ,is tyd soos ons dit ken. Jy word gebore, gaan deur jou lewe en sterf. Dis eenuur, dis drieuur, dis tienuur, dis slaaptyd. Ons is vasgevang in hierdie tyd. Dis goed en sleg. en hierdie tyd gaan baie vinnig verby. Maar dan is daar Kairos. Dis ‘n ander tyd, ‘n diep tyd, ‘n mistiese tyd, God se tyd is so.

Prediker drie praat van die onbepaalde tyd. God se tyd is ewig,tydloos. God se tyd is vol betekenis. Ons oë moet op God se tyd gerig wees. Ons oë moet nie op die sigbare gerig wees nie maar op die onsigbare.

God se tyd is ‘n tyd van vrede, dis ‘n tyd vol betekenis, dis ‘n tyd wat God bepaal.

So in die diep lockdown kry ek ‘n kollega in Spar. “Hoe gaan dit?” vra hy. “nee, wat sê ek oraait behalwe vir hierdie Corona krisis.” en hy sê: “Every crisis is a question about God.” en dit slaan my voor die koop.

Tyd in God se hande is soos klei in die hande van die pottebakker. God gebruik tyd op ‘n ander manier as ons. Tyd is vir God ‘n instrument om sy liefde vir ons te wys, te gee. By God is tyd vol betekenis.

Tyd kan ‘n geweldige las wees. Tyd kan ook ‘n geweldige seën wees. Tyd is slegs ‘n seën as ons dit verander in God se tyd. As ons met ander oë na tyd kyk. As ons tyd sien as ‘n instrument in die hande van ‘n Liefdevolle Vader. Dan word die dood ‘n tyd van betekenis. Geboorte is dan nie net as ‘n kindjie die lig sien nie, maar as iemand sy lewe aan God wei. Elke sonsopkoms, elke ding wat gebeur, sien ons dan as iets in God se hande, wat Hy sal gebruik om sy liefde aan ons te betoon.

Kyk wat sê Thomas Merton hieroor:

“The Bible is concerned with time’s fullness, the time for an event to happen, the time for an emotion to be felt, the time for a harvest or for the celebration of a harvest.”

Hier is ‘n vraag: “Hoe is God in Corona?” Hoe het God hierdie afgelope tyd gebruik soos ‘n Pottebakker klei gebruik oim iets te vorm…

11God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. 

 Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Ec 3:11). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

“Holy week…”

Hierdie week staan in die kerk as “Holy week” bekend. Die week voor Jesus se Kruisiging. Dis ‘n heavy week. ‘n Week van nadink. Elke dag het daar iets gebeur. Van Sondag tot Sondag. Die eerste Sondag het Jesus in Jerusalem aangekom. Hy is soos ‘n Koning ontvang. Plamtakke is voor sy voete neergegooi. Die volgende Sondag het Hy uit die dood opgestaan!

Maar vandag wil ek met jou praat oor die Maandag. Een van die dinge wat op die Maandag gebeur het is; Jesus het baie kwaad geword vir die mense in die Tempel. So kwaad dat Hy hulle met ‘n sweep geslaan het. En so, leer Hy ons iets van kwaad word.

Nou mense moet eers die ding mooi verstaan. Kyk die ouens by die Tempel was baie prakties. Jy moes geld in die kollekte bord gooi en ‘n dier bring om te offer. Die probleem met die geld wat jy daar aanbring is dat dit Romeinse geld is. Jy moet Tempel Sikkels mee betaal. Nou ja toe, toe maak die Tempel ouens ‘n plan. Ons ruil jou geld vir jou uit. ‘n Paar ouens kry ‘n lisensie en whalla. Probleem gefix. Ma jy kan mos maar net dink nè.
Die ander ding is, jy moes ‘n dier bring om te offer. Maar hierdie dier het sekere vereistes. Jy kan dus ‘n bok of ‘n skaap of iets buite die Tempel koop, maar dan is daar altyd die kans dat die Priesters dit sal afkeur. Nou koop jy maar die regte dier ten duurste by die Tempel manne.

Hierdie dinge het Jesus kwaad gemaak. Dit wat heilig veronderstel is om te wees. Dit wat special moet wees. Hierdie ouens laat dit oor iets ander gaan en dit maak Hom kwaad. Baie kwaad, en Hy doen iets daaraan.

In hierdie wêreld is daar baie onreg. Wat doen ek as ek onreg sien? Niks? Of word ek kwaad oor onreg en doen iets.

“Jesus help my om soos U te wees. Om kwaad te word vir die regte goed. Vir onreg. En Jesus help my om soos U vreesloos ‘n verskil te maak. U is mos aan my kant…”

Plesierboot of Seilboot…

Ek lees die volgende aanhaling in ‘n boek: “It is not the church of God that has a mission. It’s the God of mission that has a church.” Dit is sooo waar.

Ek is partymaal so daarop gefokus om mense in die kerk te kry, dat ek vergeet waaroor dit regtig gaan. God het ‘n plan vir hierdie wêreld. Sy plan is haarfyn en in detail. Hy weet wat Hy doen. Ek en jy, die kerk is sy hande en voete om hierdie plan in die wêreld te laat uitwerk. Ons mission moet wees om uit te figure wat hierdie plan is. Waarmee is God besig?

As ons sien waarmee God besig is, dan moet ons daarmee besig raak. Want, dit is dan God se mission in hierdie wêreld. God se plan, nie my plan nie. Om die onderskeiding te hê om God se plan van al my plannetjies te onderskei. Dis die punt.

Iemand het eendag gesê dat die kerk partymaal baie soos ‘n plesierboot is. ‘n Plesierboot adverteer en doen alles om soveel moontlik toeriste op die boot te kry. En, as hulle op is. Dan word hulle ge-entertain. Dis flieks en etes en konserte, jy noem dit. Nee, die kerk moet eerder soos ‘n seilboot wees. ‘n Skip wat van sy koers seker is, aangedryf deur die wind van die Gees. Die bemanning werk baie hard om hierdie boot aan die vaar te hou. Hulle hande vol eelte van al die toue werk en so aan.

Die beeld van die Plesierboot en die Seilboot is ‘n beeld wat ons help om dit te verstaan. Maar dit is ‘n beperkte beeld. Ons moet eintlik van die boot af klim. Ons moet in die wêreld in. Dink aan Jesus. Hy was heeltyd tussen die mense. Besig met wat? Besig om sy Vader se plan te volbring.

Net voor Jesus sy laaste asem uitgeblaas het, het hy dit gesê: 30Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas. (electronic ed., Jn 19:30)

Die vraag is dus nie; “wie gaan ons nou weer in die wêreld in stuur nie?” die vraag is “waarvoor stuur God ons?” ons is die gestuurdes in hierdie wêreld in. God het gekies om vir ons die stokkie aan te gee. Dis ons werk. Ons moet net uitfigure wat sy presiese plan is op die plek waar ek geplant is. Ek moet blom waar ek geplant is.

Toe Jesus in die hemel opvaar het sy dissipels Hom oopmond agterna gestaar. Toe verskyn daar ‘n engel aan hulle en vra: “Galileërs waarom staan julle so na die hemel en staar…” (Handelinge 1:11). So asof God vir hulle wil sê, kom nou julle; nou is dit julle beurt. Gaan soek my in jou buurt, in jou huis, by jou werk, Ek is daar aan die werk. Kom en raak deel van dit!

Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, 28want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. (electronic ed., Ac 17:27–28)

Hoekom is ek hier…

Ek kom die week by iemand wat ernstig siek is. Ek loop in en sê, ek gaan maar eerder my masker dra en 1,5 m wegsit. Nee, sê die persoon dis nie nodig nie. Wat gee dit tog om. My lewe is verby. Ek is net ‘n suurstof dief.
(Mense se privaatheid is vir my baie belangrik. Die persoon sal nie omgee as ek hierdie hierdie deel nie)

Hoekom is ons hier?

Mense wat my ken weet ek is nogal erg oor fietsry. Ek kan dit partymaal nogal oordoen. Ek voel partymaal baie maal sleg oor dit. Tye wat ek met my geliefdes kon spandeer is ek baie maal op die fiets. En toe dink ek daaroor? Hoe voel God oor dit? Is Hy ook suur vir my? Ek dink Hy is bly vir my. Dis dan Hy wat my so gemaak het.

Efesiërs 2:10 sê in die engelse vertaling; ek is God se “handiwork.” Hy het my gemaak. Ek is nie ‘n fout nie.

Jare terug het ek ‘n preek van Edison Quiros bygewoon. Hy het in sy gebroke engels vertel van die skroewedraaier. Hy het gesê: “You see this here. This is a skroewedraaier. What is this skroewedraaier made for. Oh i know, to scratch in your ear? Or maybe to eat an apple with? No this screwdriver was made for screwing and unscrewing…”

Waarvoor is ek gemaak?

Om die beste jy te wees wat jy kan wees. God verander nie ‘n introvert in iemand wat die Nar van die aand is nie. God het daardie persoon so gemaak. Hy gaan daardie persoon tot sy volle potensiaal laat kom. God het my gemaak om ‘n dominee te wees. Hy gaan my kragtig daar gebruik. Miskien het God jou gemaak om te dien, kos te maak, rekenaar werk te doen, fiets te ry… God sal nooit van ‘n skroewedraaier verwag om ‘n tang te wees.

Kyk wat sê die woord: 21Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan weer nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” 22Inteendeel, die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik…
Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., 1 Co 12:21–22). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

So wat is die punt hier. Ek dink jy het dit reeds gevang. God het ons gemaak om die beste JY tw ees wat jy kan wees. As jy hou van Surf weet God glimlag daaroor. Hy sal jou daar gebruik. As jy ‘n loofgieter is gaan God jou daar gebruik, en van jou die beste loodgieter wil maak.

Om terug te kom na die persoon wat gesê het dat sy ‘n suurstofdief is. Nee, sy is nie. Sy is God se geliefde dogter. Sy is gemaak om ‘n moeder te wees. ‘n Ouma. God se kind.

Johannes 10:10 sê dit vir my so mooi: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Waarvoor roep God jou? Wat vra Hy as Hy sê. “My geliefde seun/dogter kom hier ek wil hê jy moet vir my doen…”