Al is ons nie goed genoeg nie…

Ek onthou nog goed toe ek in my eerste jaar as Teologie student begin het hoe swak ek in my geloof gevoel het. Die mense daar het vir my soos geloofs reuse gevoel. Dit het vir my gevoel hulle kan dinge lewendig bid. Regtig. En ek die arme ou drommel kom daar aan en weet nie eers of ek op die regte plek is nie. Ek het so stupid gevoel soos ‘n regte twyfelaar…

Johannes die Doper was nou wraggies in my boekie nog altyd een van daai geloofs reuse. Ek meen, hy het die Messias voorspel. Hy was die toonbeeld van geloof in Jesus. Maar toe lees ek in ‘n boekie van Stefan Joubert dat hy ok getwyfel het. In Matteus 11 lees ek van hoe Johannes die doper in die tronk is. Onthou bietjie daai tyd se tronke is bad hoor. Dis eintlik net ‘n gat in die grond met ‘n emmer in die hoek, stikdonker. Hy praat toe seker met van sy dissipels deur ‘n opening in die dak, amper soos ‘n tipe manhole. Gaan vra vir Jesus (en ek haal aan uit Mattues 11:3) “Is U die een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?”

Wat! Die geloofsreus Johannes die doper twyfel! Hy twyfel in Jesus! Hy sit in die tronk dit gaan sleg met hom.

En Jesus? Hy raas nie… Nee, Hy sê vir die dissipels: “Gaan sê vir Johannes wat julle die Messias alles sien doen.” En Dan? Dan prys Jesus Johannes. Hy sê vir almal dat “Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die doper nie…”

God het geduld met ons swak wees en ons twyfel en ons ongeloof… Dankie tog!

Onthou tog om te subscribe as jy hierdie blog in jou e mail wil ontvang.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

3 thoughts on “Al is ons nie goed genoeg nie…”

Leave a comment