Ek dors vir jou… Openbaring 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.

Jesus sê:

Dit is waar.  Ek staan by die deur van jou hart, dag in en dag uit.  Selfs al luister jy nie, selfs al twyfel jy of dit werklik Ek is, Ek is daar.  Ek wag en luister, selfs vir die kleinste teken van jou aandag, selfs vir die kleinste fluistering van uitnodiging; dat jy My sal toelaat om in te kom.

En Ek wil hê jy moet weet, jy moet weet dat wanneer jy my nooi om in te kom, sal Ek kom – altyd, sonder uitsondering.  Stil en sonder dat jy My sien sal Ek kom, met oneindige krag en liefde, en Ek bring die baie gawes van My Gees.  Ek kom met genade, My begeerte is om te vergeef en om jou gesond te maak.  Ek het ‘n liefde vir jou wat jy nie sal kan verstaan nie – ‘n liefde wat net so sterk is soos die liefde wat My Vader vir My het en Ek vir my Vader. (Joh 15:9 9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.)  Ek kom – met verlange om jou naby te wees en jou te versterk, om jou hoog op te lig en jou wonde te verbind.  Ek bring jou my lig, om al jou twyfel te besweer.  Ek kom met My krag, sodat Ek jou mag dra en jou laste daarmee saam, Ek wil jou aanraak sodat jou lewe sal verander: My vrede gee ek sodat jou hart mag stil word.

Ek ken jou deur en deur – Ek weet alles van jou af.  Selfs die hare op jou kop het ek getel.  Niks in jou lewe is onbelangrik vir My nie.  Ek wandel al saam met jou vir baie jare, en Ek het jou nog altyd liefgehad, selfs toe jy die pad byster geraak het.  Ek ken elkeen van jou probleme.  Ek ken jou behoeftes en jou bekommernisse.  En ja Ek ken al jou sonde.  Maar ek sê weer dat Ek jou liefhet – nie vir wat jy gedoen, of nie gedoen het nie – ek is lief vir wie jy is, vir die waardigheid en skoonheid wat my Vader aan jou geskenk het, toe Hy jou gemaak het na sy beeld.  Die waardigheid wat jy dikwels van vergeet het, dit is skoonheid wat jy bevuil het met sonde.  Maar Ek is vir jou lief net soos jy is, en Ek het my eie bloed vergiet om jou terug te wen.  As jy My net vra in geloof, My genade sal alles aanraak wat jy nodig het om te verander in jou lewe, en Ek sal jou die krag gee om jouself te bevry van sonde en al die destruktiewe krag wat daarmee saamgaan.

Ek dors na jou.  Ja, dit is die enigste manier wat Ek kan begin om te beskryf hoe lief Ek vir jou is:  EK DORS NA JOU.  Ek dors daarna om jou lief te hê en om jou liefde terug te ontvang.  Dit is hoe kosbaar jy vir My is.  EK DORS NA JOU.  Kom na My toe en ek sal jou hart vol maak en jou wonde genees.  Ek sal jou ‘n nuwe skepsel maak, en aan jou vrede gee, selfs in jou moeilikste tye.  EK DORS NA JOU.  Jy moet nooit twyfel aan My genade nie, My aanvaarding van jou, My begeerte om te vergewe, My begeerte om jou te seën en My lewe in jou te leef.  EK DORS NA JOU.  As jy onbelangrik voel in die oë van die wêreld, dit is gladnie belangrik nie.  Vir My, daar is niemand in hierdie wêreld meer belangrik as jy nie.  EK DORS NA JOU.  Maak oop vir My, kom na My, dors na My, gee My jou lewe – en Ek sal aan jou bewys hoe belangrik jy is vir My hart.

En as jy dan die deur van jou hart oopmaak, selfs al kom jy net naby daaraan, dan sal jy My oor en oor hoor sê, nie in menslike woorde nie, maar in die woorde van die Gees:  “dit gee nie om wat jy aangevang het nie, Ek het jou lief, Ek het jou lief vir wie jy is.  kom na my toe met jou ellende en jou sonde, met jou probleme en jou behoeftes en met al jou verlange na liefde en aanvaarding.  Kyk Ek staan by die deur en Ek klop…  Maak-oop-vir-My, EK DORS NA JOU…

‘n Vertaling uit ‘n meditasie van moeder Teresa van Calcutta, I thirst for you.

 

 

 

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: