Dis darem interesant hoe dit werk. As dit die dag sleg gaan vra mens allerhande vrae. Hoekom ek? Wat het ek gesondig? Kyk hoe goed gaan dit met haar… En as dit die dag goed gaan? Dan vra ek nooit vrae soos: Hoekoem ek? Wat het ek gedoen om dit te verdien? Hoekom gaan dit dan sleg met hom?
Miskien moet ons vrae soos daai begin vra. Vandag het ons van Britstown na Prieska gery. Dit was ‘n great dag. Dawie sê hy het lekker gedraf, ek het heerlik fietsgery. Selfs RSG (nationale Suid Afrkaanse radiostasie) het oor ons gepraat. En toe dink ek. Oor goeie en slegte dae. Vandag het ek gevoel soos ‘n eregas. God se goedheid en liefde het my omring. Ek het by die feesmaal van die lewe aangesit. En hoekom is dit? Want, ek is God se geliefde. Dawie is God se geliefde. Hy gee vir sy kinders goeie dinge. Want Hy is lief vir ons.
En as die slegte dae kom? Dan is ons ook sy geliefdes. Ons moet daaraan vashou. As ons in die donker kloof sit. Is ek en jy nog steeds God se geliefde seun, sy geliefde dogter. Hy sal ons in sy hande hou. Hy sal ons daardeur vat.
Al die elende het Job getref. Hy is van alles gestroop. En wat sê hy? “Die Here het gegee, die Here het geneem. Prys die naam van die Here.” (Job 1:21)
Bly die skog het goed verloop. Ja, julle het dekking op RSG gekry.
LikeLike