Goeters en dinge wat geld kos…

 

Die afgelope tyd het die diewe my gery.  Eers breek hulle by my huis in op die eerste aand dat ek weg is oorsee.  Hulle steel eers my seun se rekenaar en kom toe later die aand terug en steel my baie duur Padfiets.  Ek kom net terug van die Transpyr bergfiets wedren en op ons eerste aand in Koffiebaai steel hulle ons gemeente se bus.  Net terug van Koffiebaai en wraggies hulle kom by my vrou se werk in en steel haar rekenaar ook.  Hulle vat al my goed!  Sonder om te vra!  Hulle krap in my lewe!  Nou stoei ek met die versekering.  En dis regtig nie lekker nie!

Nou ja toe, genoeg gekla.  Ek hou daarvan om altyd te vra wat God my wil leer uit ‘n verleentheid.  Ek glo nie God reel nou dat alles gesteel word sodat hy my kan leer oor iets nie.  Steel is deel van die sondeval!  Daar was nie diewe in die Paradys nie…

Jy sien in hierdie hele proses van oor goed worry het ek baie oor Jesus se woorde gedink toe Hy gesê het ons moet nie skatte op aarde bymekaar maak nie, maar in die hemel.  Hoe meer ek worry oor als wat gesteel is en hoe ek dit gaan vervang en waarmee gaan ek nou ry en someer, hoe meer sukkel ek met my geestelike lewe. Dit maak dat ek sukkel om met die Here daaroor te praat.  Ek kom agter materialisme is my vyand.  Dit dryf my weg van God af.  Dit maak maak my kwaad.  Steel my vrede.  Maak my deurmekaar.

Here help my om te fokus op skatte in die hemel.  Wat is hierdie skatte in die hemel vra ek myself af?  Wel toe hulle ons bus op die Uitreik steel en ek vra hoe voel die groep daaroor was almal se reaksie (myne inkluis) kwaad wees en ‘n “as ek hulle net in die hande kan kry” emosies.  Maar oom Hennie ‘n afgetrede sendeling het gesê: “Kom ons bid en vra die Here om daai ouens wat die bus gesteel het te seën en om hulle te help om Hom regtig te leerken…”

Toe is ons stil!

Matteus 6:20 (AFR1983)  20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

One thought on “Goeters en dinge wat geld kos…”

  1. By my huis breek hulle in soos hulle wil. Ek het ook so vernederd gevoel aangesien ek n kind van God is. Maar dis reg, mens raak kwaad maar die einde van die dag ly jou siel skade. Ons moet vra vir God om hulle te vergewe want hulle weet nie wat hulle doen nie. Wees dankbaar en bly dat ons lewe, want dit is meer werd as aardse goed. Sterkte

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: