Fight Club…

Ek dink baie aan Lance Armstrong.  Hoe moet dit voel as die hele wêreld teen jou draai?  Almal het iets oor jou te sê…  Almal het ‘n opinie oor jou lewe?  Een van sy aanhalings wat my aangryp is:  “Pain is temporary, Quiting lasts forever.”  Lance is soos Job en ook nie soos Job nie.  Job was ‘n goeie ou wat niks verkeerd gedoen het toe al die rampe hom tref.  Lance was skuldig.  Maar hey, is ons almal nie maar skuldig nie.

Ek en Gert ons Jeugwerker werk baie lekker saam aan ‘n reeks aanddienste wat ons noem “Fight Club.”  Die lewe is ‘n konstante “fight” voel dit soms.  ‘n Geveg teen sonde, ‘n geveg teen myself, ‘n geveg vir oorlewing, ‘n geveg teen moraliteit, ‘n geveg in die politiek.  Man, partymaal voel selfs Christen wees soos ‘n geveg.  Maar die ding is nie eitlik die geveg gedeelte nie.  Die ding is dat dit soms voel of jy hierdie geveg alleen moet fight!

Ek het afgelope week te doen gehad met ‘n liewe dierbare mens wat geveg het om haar lewe in die ICU en op die ou end het sy die geveg verloor.  Daar het ‘n tyd gekom dat sy so swaar gekry het dat ek en die familie begin bid het dat sy die geveg moet verloor.  Dit het my laat dink.  Het sy verloor?  Nee sy het nie, sy het gewen.  Ons is meer as oorwinaars sê die Bybel.  Het jy al gedink wat beteken dit om meer as ‘n oorwinnaar te wees?  Dit beteken jy klim in die kruit saam met Mohammed Ali en net as die geveg begin dan klim Mike Tyson in en vat jou sag aan die arm en lei jou na die hoek toe.  “Sit jy maar” sê hy, “ek het hierdie een.”

Maar kom ons kom terug na Lance en Job toe.  Job was sonder sonde en Lance nie.  Job se geveg was ‘n geveg vir antwoorde.  “Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense?”  Vra Job oor en oor en oor.  Sy drie vriende Elifas, Bildad en Sofar sê, “maar jy moes iets verkeerd gedoen het Job…”  Maar Job hou vol hy het nie.  En uiteindelik kom God op die toneel.  En wat sê God?  God sê hy het die Seekoei, Krokodil en Volstruis gemaak.  Hy is in beheer.  En dit is dit; case closed.  Wat is Job se antwoord?

God sê vir Job.  Dit gaan alles daaroor dat jy moet erken dat ek God is.  Jy moet in my glo.  Dit gaan alles oor ‘n verhouding.  Die “fight” is ‘n misterie.  Ons sal God of sy weë nooit kan verstaan nie.  God is lief vir ons.  Regtig lief vir ons!  Hy gee ons sy hart!  Hy gee ons sy hele lewe!

En Lance?  Hy het sy hele lewe vir fietsry gegee.  Wat van hom.  Hy is nou die grootste klug ooit.  Wat van arme Lance?  As ek met Lance kon gesels, sou ek graag vir hom wou sê.  “Lance weet jy dit gaan alles net oor God.  Hy is in beheer.  Hy is lief vir jou.   Hy wil ‘n verhouding met jou hê.  Jy is meer as ‘n oorwinnaar in Hom…”

Romeine 8:38–39 (AFR1983)38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: