Die laaste tyd is ek besig om na te dink oor Rituele en Tradisies. Wat is dit wat ons laat optree soos ons optree? Skep ons nuwe tradisies in ons en in ons families se lewens. Wat bepaal my lewe? Doen ek goed omdat almal dit doen? Ek hoor al mense sê: “Maar ma, almal doen dit dan…”
Steven Covey vra in sy boek The 7 habits of highly effective people, die volgende: Wat rig my lewe? Waar lê my sekuriteit? Waar kom my wysheid vandaan ? Waar kry ek krag om goed te doen?
Covey gaan verder en hy sê dat dit alles oor die “center” van jou lewe gaan. Wat lê in die “center” van jou lewe? Daar is baie dinge wat mense dryf sê hy. Party mense is “spouse centered” sê hy. Hulle doen alles om hul eggenoot gelukkig te maak en verloor in die proses hulleself. Ander is weer “work centered”, alles gebeur rondom jou werk en jou werk is jou totale sekuriteit. So gaan hy aan en praat van “money centered”, “family centered”, en nog baie meer verkeerde “centers”.
Covey sê ‘n mens moet eintlik “principle centered” wees. Waarde gesentreerd. Watter waardes? Wel ek stem met hom saam, maar ek wil dit bietjie verander. Ek dink die beste ding om te doen is om jou lewe Christus gesentreerd te maak. (sien Kolossense 2:16-19) Gaan kyk byvoorbeeld na die waardes wat Jesus ons in die berg predikasie leer. Die saligsprekinge. Jesus se ingesteldheid op vergifnis. Sy afhanklikheid van sy Vader, sy liefde vir sy naaste. Covey sê waardes verander nie, wel Jesus ook nie.
As Jesus jou “center” is gaan Hy jou sekuriteit wees en gaan jy nie jou sekuriteit soek in goed soos werk, familie, geld, besittings, wat mense van jou sê en someer nie. As Jesus jou “center” is gaan hierdie sekuriteit jou rigting bepaal in die lewe. Jy gaan nie goed doen omdat jy ander tevrede wil stel, of omdat dit gaan maak dat jy meer van iets kry of dat mense jou op ‘n seker manier sien nie. As Jesus jou “center” is gaan Hy jou sekuriteit en rigting bepaal, Dit gaan maak dat jy met wysheid gaan optree en hierdie wysheid gaan die krag wees van waaruit jy gaan optree. Maak sin né.
Maar nou gaan jy my vra, maar hoe doen ek dit? Hoe maak ek Jesus my “center”. Wel ek is besig om ‘n boek te lees van Henri Nouwen getiteld: The way of the heart. In hierdie boek praat hy van die woestyn Vaders. Manne wat in die middeleeue geleef het rondom 250 NC. Hierdie ouens het vir 20 jaar alleen in die woestyn gaan bly en hulle besig gehou met gebed en die woord. Nouwen verwys dan na hierdie een spesifieke woestyn Vader, genaamd Anthonius. Toe Anthonius na 20 jaar terugkeer na die gewone samelewing het mense na hom gestroom vir hulp, bystand en woorde van wysheid. Hoekom? Want in die woestyn is hy gekonfronteer met homself in sy afsondering. Hy het so bewus geword van sy sondigheid dat dit hom gedryf het na Christus. So het hy al meer en meer gehunker na dit wat daarbo is (Kolossense 3:2).
Nou wat sê ek dus nou. Ek dink die punt is dit. Ons moet onsself van tyd tot tyd afsonder. Regtig na onsself kyk. Wat is die middelpunt van my lewe. Wat dryf my? Kom dit van binne? Kom dit van buite? en dan! Glo ek… Hoop ek… dat die Heilige Gees my en jou gaan dring na Christus toe. En dan hoop ek vir my en jou dat Christus die “center” van ons lewe sal word. Maar ek dink dit gaan tyd vat…
en dan… lees eers gou hier: Three Russian monks lived in a faraway island. Nobody ever went there, but one day their bishop decided to make a pastoral visit. When he arrived he discovered that the monks didn’t even know the Lord’s Prayer.
So he spent all his time and energy teaching them the “Our Father” and then left, satisfied with his pastoral work. But when his ship had left the island and was back in the open sea, he suddenly noticed the three hermits walking on the water – in fact, they were running after the ship! When they reached it they cried, “Dear Father, we have forgotten the prayer you taught us.” The bishop, overwhelmed by what he was seeing and hearing, said, “But, dear brothers, how then do you pray?” They answered, “Well, we just say, ‘Dear God, there are three of us and there are three of you, have mercy on us!” The bishop, awestruck by their sanctity and simplicity, said, “God back to your island and be at peace.”
Amen Henri, Die ding oor gebruike en tradiesie werk deesdae met my. Ek lees weer vanoggend Jesus se woorde in Mat 15 vs 3 tot 20 waar hy die Jode erg aanspreek oor hul verdraaing van die Woord van God. Daar verwys Jesus ook na die hart en dat ons nie soos huigelaars moet wees nie, ons moet doen wat die woord se. Ons moet altyd waak daarteen om die Woord sy gesag te ontneem ter wille van ongegronde tradiesies.. Laat ons dan nie blinde lyers van blindes wees nie maar leef ooreenkomstig die roeping waartoe ons geroep is en lewe met n rein hart tot eer en verheerliking van sy naam..
LikeLike