Die Nuwe Normaal se dinges…

Ek is soooo op met hierdie ding. Hierdie ding van die nuwe normaal. As ons nou weer terugkeer uit lockdown, gaan die nuwe normaal dit en dat wees. Dis nie die nuwe normaal nie dis die nuwe abnormaal.

“Julle moet aanhou met digitale dienste, want dis die nuwe normaal…” Dis miskien hierdie een wat my die meeste irriteer. Ja sure, digitale dienste het sy plek. En dis ‘n amazing tool. Maar dis virseker nie die toekoms van die kerk nie. Ons is tropdiere. Dis hoe God ons gemaak het. Ons moet fisies bymekaarkom. Dis ook die storie van die Bybel. God het mens geword en onder ons kom woon. Jesus se naam is Immanuel; God met ons. Ons is gemaak vir gemeenskap; fisiese gemeenskap. Nagmaal is bedoel om aan ‘n tafel saam te geniet. Ons moet bymekaarkom. Fisies bymekaarkom.

Kan ek jou vertel hoe ek gevoel het tydens ons eerste diens; nadat ons toestemming gekry het om in groepe, van minder as 50 te vergader. Dit was amazing. Incredible. Emosioneel. Daar het net 5 mense gekom. Maar dit het nie omgegee nie. Ons mag nie gesing het nie, ek het in my hart gesing. Ek het sommer ‘n traan gepik.

“Vader, laat ons weer bymekaarkom asseblief. Fisies bymekaarkom. Ons mis mekaar. Ek mis U in ander mense se oë. Ons mis om U te loof saam met ‘n sangleier en mense rondom my wat saamsing. Ons mis om saam met ander te bid. U het mos gesê: “waar twee of drie bymekaar is, daar is U teenwoordig.” Vader ek smag daarna dat die kerk weer kan begin. Gee vir ons dit Here. Asseblief my Vader!”

25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

 Die Bybel Nuwe Vertaling. (1998). (electronic ed., Heb 10:25). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Die Nuwe Normaal se dinges…”

  1. Amenamenamen! Ja, dinge gaan anders wees vir baie van ons, maar ek smeek ook vir die samekoms van die gemeente. Ek het ook nidig om ander mense te sien, saam met hulle te sing en saam te aanbid. Mag dit gou weer wees. Ons moenie dat die duiwel by ons steel nie.

    Like

Leave a comment