Die woord is soos ‘n Spieël…

Jakobus 1:22-25 gaan oor ‘n Spieël. Die woord sê dat as jy net na jouself in ‘n Spieël kyk en weer wegloop en nie verander nie, dan bedrieg jy joiuself.

Die Woord wat soos ‘n Spieël is, is ‘n powerful beeld. Ons kyk in hierdie Spieël en God wys vir ons ‘n prentjie van onsself. God wys vir ons hoe ons moet lyk om regtig vry en gelukkig te wees sê Jakobus 1 (gaan lees dit gerus). Vry en gelukkig… Ek wil vry en gelukkig wees, jy ook, is ek reg…

Wat is die prentjie wat die Spieël ons wys. Die prentjie in die Spieël wys hoe ons meer soos Jesus kan lyk. So volmaak en volwasse soos Chistus (Ef.4:13). En om soos Jesus te lyk, om soos Jesus te wees, is my mission in die lewe. Dit is die lewe!

Maar hoe gaan ek dit regkry? Deur my te verdiep in die volmaakte wet sê Jakobus 1. Die volmaakte wet? Dit is die Bybel. God se liefdesbrief aan my.

Maar ons moet versigtig wees. Die Bybel is soos ‘n Spieël waarin ons kyk. Maar ons kan baie maklik net na die Spieël kyk en nie regtig in die Spieël kyk nie. Ek het onlangs met ‘n baie groot Christen te doen gehad wat nie baie nice is nie. Om die waarheid te sê sy was baie lelik met my. Ek wil nie so wees nie. Ek wil nie net na die Bybel kyk, die Bybel bestudeer en dit baie goed ken, maar dit verander my nie. Dan het ek soos iemand geraak wat na myself in die Spieël kyk, wegloop en niks verander nie. Dan bedrieg ek myself. Nee, ek wil nie net na die Bybel kyk nie, ek wil na myself in die Bybel kyk.

“Here, help my asseblief om na myself in die Bybel te kyk. Vader dankie dat U so lief is vir my dat U vir my wys hoe ek soos Jesus kan lyk. Heilige Gees verander my van binne af. Verander my om so volmaak en volwasse soos Christus te wees. Maak my regtig vry en regtig gelukkig.”

Jakobus 1:22–25 (AFR1983)

22Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.

23Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ’n spieël kyk:

24hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

25Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

Author: Henri Meyer (vdm)

Ek is 'n doodgewone outjie in Mosselbaai wat die Here wil dien met my lewe...

2 thoughts on “Die woord is soos ‘n Spieël…”

  1. Eish! Daar is só baie (“ernstige”) Christene wat baie keer net wegdraai van daai “SPIEËL” en dan net weer “lelike goed” doen. Ek ken ook van hulle en doen dit soms self!
    Dankie vir die boodskap Henry!
    Ek gaan maar weer(want ek is ook skuldig) mooi in die “SPIEËL” kyk!!!!
    🚴Groete.

    Liked by 1 person

Leave a comment